Nibiru, Annunaki, etc.

(This is in Afrikaans, because I'm addressing my people and it needs to be said in our language. Eventually, I'll put some of the information on here in English too, but for now, either use the translate function or just skip it.

Hierdie inskrywing verskyn ook in Junie 2021, sodat ek dit kon “back date”. Dan kan al die artikels gerieflik van bo tot onder gelees word.)

Vir die eerste maal gaan ek 'n inskrywing op die blog plaas in Afrikaans. Ek vra om verskoning waar ek nie suiwere Afrikaans gebruik nie. Ek is ongelukkig nie goed geoefen daarin nie, omdat die verreweg meerderheid van my studies, lees, werk en skrifte die afgelope 15 jaar als in Engels was.

Dis ongelukkig lank, so ek sal skakels na die verskillende onder afdelings plaas, om dit makliker leesbaar te maak.

Hierdie blog-inskrywing is 'n reaksie op die inligting soos bespreek deur mnr Frik Pretorius, genaamd artikels 176-178 oor “Nibiru”, op sy blog. Ek wil nie in 'n heen-en-weer baklei betrokke raak nie, daarom doen ek dit op hierdie manier. Hy het sy opinie oor sekere inligting wat hy bestudeer het, aan my mense op sy blog geplaas. Nou plaas ek my opinie oor dieselfde inligting, aan my mense. Elke persoon kan dan die verskillende opinies vergelyk en oordeel en self besluit wat hulle wil glo. Met “my mense” bedoel ek Christelike, konserwatiewe Boere/Afrikaners van Suid Afrika.

So ek probeer die “ander kant” stel. Hierdie is dus NIE aan mnr Pretorius gerig nie. Hoewel ek ter wille van ordentelikheid, hom wel sal laat weet hiervan deur sy 2 FB skakels. Ek het geen begeerte om mnr Pretorius se opinie te probeer verander met hierdie skrywe nie. Hy het die regte Waarheid, 'n Bybel. As hy dit nie meer glo nie, en blykbaar al vir 18+ jaar al nie meer (ten volle) glo nie, gaan hy my ook nie nou glo nie. Dus is hierdie slegs aan my mense gerig, die behoudende Afrikaners/Boere, maar oor die inligting wat hy aan Afrikaners deurgee.

Dit is natuurlik ook, soos my blog destyds was, 'n uitlaatklep vir my, om my ontsteltenis, hartseer, skok en afgryse te verwerk, na wat ek in daardie artikels gelees het.

Ek het nog altyd vandat ek klein is, in Siener van Rensburg se profesieë geglo, dat dit van God afkomstig was. Ek het mnr Snyman se boeke destyds gelees 'n paar jaar na dit uitgekom het. Ek het sy liefde vir sy God en mense raakgelees, maar ook besef hy spartel self ook maar nog in die donker (met wat die visioene presies beteken het). Veral na mnr Mandela se dood met geen swart-op-wit geweld daarna nie.

Soortgelyk het ek hier by 2017-2018 rond toe op mnr Pretorius se boeke en blog afgekom. Ek het sy artikels verorber, en verskoning gemaak vir party vreemde, onbybelse stellings tussendeur. Ek het gedink, hy is maar nog op soek na die waarheid en God sal hom wel terug lei.

In 2020 is ek deur 'n nagvisioen gewys dat God ons nog die regte, volledige insig oor Siener se visioene sal gee in die toekoms, op Sy tyd. Ek het besef, nie een van die 2 mans het dus al die volledige antwoorde nie, en ons moet nog bietjie geduld gebruik. Ek het geglo dat deur hulle boeke, was ons baie nader aan wat als beteken, maar daar was dus nog sekere inligting wat God weerhou. Tog het ek geglo dat God hulle wel gebruik het om meer mense aan Siener te begin blootstel en van die vlakke en moontlikhede in die profesieë uit te lig.

Ek sal nou hier poog om my opinie te lewer oor party van die standpunte in mnr Pretorius se laaste artikel 178 op sy blog, asook oor van die vrae waarmee ek geworstel het na sy artikels geplaas was. 

Dis dalk die maklikste om dit onder opskrifte as skakels te sit. 
Of indien u so verkies, lees dit van bo tot onder op hierdie skakel
(Scroll net verby die dupikaat van hierdie inskrywing, tot u by die eerste een kom ("Is mnr Pretorius (nog) 'n Christen?"
Onthou om "older posts" te druk aan die onderkant om die laastes ook op die vorige bladsy te kry.)

No comments:

Post a Comment