Wednesday, June 23, 2021

Ter opsomming oor die Aliens, Nibiru en Annunaki.

 
Gaan daar “aliens” op die aarde kom “land”?
Ja, ek glo so.

Gaan die aliens met “UFO's” of ruimte tipe skepe kom?
Ja, ek glo so.

Kom hulle uit die ruimte?
Ek weet eerlik waar nie.

Die Duitsers het al “UFO's” ontwerp en gebruik kort na die 2de wereld oorlog. So of dit “mens gemaak” gaan wees, weet ek nie. Dalk beide, raai ek. Mensgemaakte, en buiteruimtelike, en selfs “holograms” tussendeur. Die lug gaan blykbaar gevul wees met die “ruimteskepe” om genoegsame vrees te skep. Ons sal moet sien wat word waar. Maar dat dit 'n lokval is, daarvan is ek seker!

Is die “aliens” goed of sleg, of hul bedoelings?
Een groep gaan kom as die “baddies”, die ander groep dink ek, as die “goeie's”. Die tipiese Good Cop/Bad Cop scenario. Die wat mense “eet” en die “intergalactic federasion” wat mense kom “help” teen die “draco”.

Die volgende is wat hierdie mense glo, NIE WAT EK GLO OF AANHANG NIE:
Daar is 'n GROOT New Ager groep wat wag vir hierdie “aliens”, wat weet hulle gaan “kom”. Hulle kry hulle inligting deur Astral Plane Walking (kontak met die geeste) en deur as mediums boodskappe te “channel”. Hierdie mense glo dat een groep aliens, vanaf “Draco”, die mensdom in 'n tipe “black hole” gevangene hou en 'n “matrix” om hulle gespin het. Die “Galactic Federation” of so iets, met die “Paleidians” aan die stuur dink ek, gaan die mensdom blykbaar kom help om van hierdie “Draco” en hul afstammelinge op aarde, die Reptilians, ontslae te raak. Dis nou die pedofiele en ander “reptillian” nasate van die Draco groep wat aan die stuur van die wereld is. Die “elite”. Of die “bad” helfte. Die “donker” kant.

Hierdie is dus maar soortgelyk aan wat mnr Pretorius glo en vertel. In sy weergawe is die Annunaki die "goeie" ruimtewesens wat die bloedlyn van Marduk (draco) kom vernietig op aarde. En die "slegte" ruimtewesens wat die mensdom "gevangene" gehou het vir millenia.

Na die “Great Awakening” (of bewusmaking) gaan die “goeie aliens” die mensdom blykbaar help om te “ascend” na die 5de dimensie. Die mense wat nie kans sien nie, gaan teruggeplaas word in 'n “vroeëre tyd” omdat hulle nog “groei” nodig het. Dis 'n eufimisme om te sê hulle gaan doodgemaak word.

Want blykbaar hou hulle die mensdom “terug”, omdat hulle nog nie so “gevorderd” is om verlig te word nie. Hulle het nog nie “Christus” in hulself ontdek nie. So hulle sal op hul tyd blykbaar “groei as siele” in 'n “ouer tydperk”. Dis nou omdat die aliens ons gaan vertel dat mense leef herhaaldelik, sien? Soos die Hindu's glo.
 Reinkarnasie. So dit makie saak as jy iemand doodmaak nie, hy kry volgens hulle maar net weer “'n kans”. Anders as Christene wat glo jy't een kans, een leeftyd, daarna die Oordeel.

Christene gaan dus protesteer teen hierdie “aliens” se leuens dat hulle mense se skeppers is, en verkondig dat Jesus nog gaan terugkeer na die aarde toe. En dan gaan Christene doodgemaak word omdat hulle kamtig die “mensdom terug hou” deur hul “argaiese geloof in die Bybel”. Oor hulle mos nie die “waarheid” wil raaksien nie. Satan se waarheid...oor watter wonderlike wesens hierdie hulpvaardige “aliens” is nie, en hoe hulle net die beste vir die mensdom wil hê.

Gaan daar dus ook 'n “Nibiru” planeet of dalk asteroiede naby of verby die aarde kom?
Ja, ek dink so. Beide “mensgemaak” met hul Blue Beam hologram tegnologie (kyk bietjie video's daaroor op Youtube! Dis verstommend!). Maar ook later rerig. Maar dis net my opinie. Weereens sal ons maar moet sien. Die Bybel stel dit duidelik dat daar tekens in die hemele gaan wees aan die son, maan en sterre, en dat die hemelkragte ontwrig gaan word. Asook dat die “sterre” gaan val. 'n Ander planeet, of asteroiede(s) en meteoriete sal wel al hierdie dinge kan veroorsaak op die aarde, asook die ontwrigtende kragte vanaf die son en maan.

Is die Annunaki ons “skeppers” deur kloning?
Nee! Ek glo God is ons enigste Skepper, maar baie van ons het dalk “Anu” en “Ki” se bloed wat vloei deur ons are, ek weet nie. Daar was al soveel vermenging. So ons het dalk wel 'n bietjie van hulle “essence” soos hulle tablette dit stel, in sommige van ons, ongelukkig. En dit gaan dalk deur DNA bewys kan word. Hulle gaan dalk selfs eis dat sekere bloedlyne soos “Marduk” of “Draco” s'n, totaal en al uitgewis moet word, as “satanskinders”. So as ons per ongeluk van hulle bloed in ons het, gaan niemand omgee of ons die leuens en feëverhale glo nie! As die toetse wys jy's 'n “satanskind” van Draco se lyn, wel, galg toe met jou. En as jy die “mensdom” terug hou met jou “leuens” oor Jesus se Wederkoms en Oordeel, ook galg toe met jou!

Beteken dit ons siele is verlore as ons voorouers vermeng het met hierdie bloedlyne en ons dalk van die gene bevat waarvoor hulle gaan soek? Nee!!! Jesus se Bloed kan als bedek en enige iemand red en vernuwe. Makie saak wie jou ouers was nie, solank jy in Jesus Christus glo, kan en sal jy gered word en die Ewige Lewe verkry saam met Hom. Dis 'n Eer om vir Hom te sterf, en daardeur is jy klaar verseker van jou Ewige Lewe, volgens Openbaring.

Gaan die Annunaki/aliens “bewyse” saambring?
Ja! En dis hoekom selfs die uitverkorenes van God mislei sou kon word, en hoekom ons so hiper-versigtig moet wees. En waarom dit ontsettend belangrik is om SLEGS die Bybel eerstens en in sy geheel en al te glo en te vertrou, en als daaraan te meet.

Wat gaan die “aliens” nog doen wat ons “agter hulle sal laat aanloop”? 
Hierdie is sover ek weet, 'n moontlike lysie:
  • Genesings en nuwe “kure” vir siektes en DNA defekte (soos kankers bv.).
  • Energie-oplossings vir die lande en nasies (baie mense noem dit “free energy”).
  • Oplossings vir vrede en samewerking en ooreenkomste.
  • Nuwe tegnologie soos om die “nukes” wat in die komende 3de oorlog gaan val, se “radiasie” skoon te maak, effekte van bio-oorlogsvoering om te keer, ens.
  • Tegnologie om water te suiwer.
  • Oplossings vir wêreld honger.
  • Afskryf van skuld aangegaan, gedruk deur die "evil elite", die "evil reptillian nasate", soos studentelenings.
  • Terugbetalings vir geld "gesteel" deur die "money-hunger" elite en bankiere.
  • Laer belastings of geen belastings, ens.

So pasop! Moenie TE dankbaar raak vir al die “wonders” en “tekens” wat hulle gaan doen nie! Glo die Bybel, dis al hoe ons gaan oorkom.

Ek verskil dus nie “soveel” van mnr Pretorius se kennis oor “aliens” en “Nibiru” nie. Ek is net meer “oop” vir hoe dit gaan uitspeel. En ek stem natuurlik glad nie saam met hom dat die “Annunaki” of “Aliens” die mensdom geskep het deur kloning nie, of dat hul ons “gode” is, of dat hulle enigsins iets goeds vir die mensdom beplan nie. Slegs die Vader is goed.

En ek glo definitief ook nie dat hulle ons “Redders” is nie, of dat die “Messias” van Nibiru af kom nie. Nog minder dat God die Vader saam met hulle gaan kom nie!! Inteendeel! Ek glo ook nie die hele “goud vir hulle planeet” storie nie. En ek glo ook nie ek leef hier op aarde om hulle te dien nie. Ek is op aarde geplaas deur die Skepper van die Hemel en die Aarde, om HOM te dien en niemand en niks anders nie.

Goed, dit is al wat ek oor Nibiru, Annunaki en Aliens vir nou wil sê. Volgende bietjie meer oor geloof en YHWH.

No comments:

Post a Comment