Sunday, June 20, 2021

Die “ou” NWO en die “nuwe” NWO

Ek gaan nie lank hieroor skryf nie, want dit is 'n onderwerp op sy eie wat ek nog sal aanspreek.

2 Korintiers 12:
14 En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. 15 Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien.

Die wêreld word tans geinisieer in die “okkult”. Dis 'n lang storie, en die beste om dit te beskryf is ProbablyAlexandra.com of in haar video's op die Youtube kanaal ProbablyAlexandra.

Vir jare nou al, word die wêreld gewys hoe wreed en duiwels en sleg is die “Weste”. Die vark in die verhaal. En ja, hulle is, daar's geen twyfel nie. En hulle dade en slymerigheid en onderduimsheid en leuens en sonde is nou daar vir almal om te sien.

Die NWO is NIE die huidige stelsel nie! Die huidige stelsel is die “Nuwe wêreld” orde. Amerika was die Nuwe Wêreld genoem. So die Amerikaanse orde, is die huidige orde, dis die Nuwe-Wêreld Orde. Die Amerikaanse orde.

So wat is/was, is die Nuwe-Wêreld Orde van die VSA.

Wat kom, is die Nuwe, Wêreld-orde. Die wêreld se orde. Die een-wêreld orde (One World Government). Die Draak se orde. Die Ooste se orde. Beheer. 

Amerika moet val, en almal gaan juig, want kyk net hoe evil en duiwels is sy. Hoe sondig is die Weste. God wys aan almal die nakende, sondige vrou van Openbaring. Mystery Babylon... vandag genoem: Die Verenigde State van Amerika.

Wat kom in sy plek?

Die Nuwe wêreld-orde. Dis NIE 'N VERBETERING NIE!!! Dis NETSO sleg. Erger. Twee vlerke van dieselfde voël!! 

Ek het 'n visioen gehad, en dit was ontsettend. Enige iemand wat dink Amerika was "sleg", gaan terug verlang na die "goeie ou dae van die Weste". Dit wat Chinese nou beleef, is soos Kersfees teenoor wat kom vir die mense in die Weste. Die beheer gaan ontsettend wees. Genadeloos. 

Maar God vra dat ons nie terugverlang na Sodom en Gomorrah se dae nie! Moenie terugkyk nie. Moenie bang raak nie. Kyk vorentoe. Oë op Hom, want dit wat daarna wag, sodra Jesus Sy Koninkryk hier oprig, is soveel beter as die Orde van die Weste OF die Ooste! Dis God se Orde.

Die Hindoes storie waarvan mnr Pretorius praat  – dit gaan oor die Nuwe wêreld-orde. Die nuwe NWO. Die Ooste se Orde. 

Eers die afbreek van die ou orde, die Amerikaanse orde, die Nuwe-wêreld orde. Dan kom die Nuwe wêreld-orde met sy digitale stelsels, digitale ID..... dis als net die begin van die Nuwe, wêreld-orde. Waar die Duiwel, Satan, homself as 'n Engel van Lig gaan voordoen.

So as iemand juig en skree van vreugde oor die "NWO" afgebreek word, weet dan dat dit nie albei NWO's afbreek nie. Net die ou een wat op die Amerikaanse manier gedoen was. Gabasseer op Romeinse Reg en die Bybelse waardes en integriteit (al het hulle sover in sonde verval). Wat kom word OOK die NWO genoem, sodat mense nie besef waarvoor hulle hulself inlaat nie. En dit gaan op die Oosterse reg, gelowe en metodes gebasseer word. Kyk net hoe het sosiaisme dwarsdeur die Weste klaar ingesluip. Hulle is "ryp" vir die Ooste. Die nuwe NWO.

Die draak van ouds, Satan, gaan homself voordoen, of "oordoen" as 'n "Engel van Lig". Hy gaan optree asof hy “righteous” is, asof hy reg en geregtigheid en vrede bring. Hulle gaan verklaar hoe sleg die Weste was, en hoe hulle die wêreld kom “red” van hierdie evil en wicked Weste. Hoe hulle nou vryheid en welvaart aan die hele wêreld gaan bring, onder die beheer van die Ooste, nie meer die Weste nie.

Dis die dier se ryk, Satan se ryk. Die nuwe NWO wat die ou NWO gaan vervang, en dit gaan NET SO sleg wees. Erger. Die 4de dier volgens die Bybel gaan verskriklik wees.

So tans, met die Beer wat al op die toneel is, moet mense begin besef. Dis die tweede DIER. Dis nie 'n redder nie. Dis nie eers 'n vrou nie. Dis 'n dier. Putin is NIE ons redder nie. 

Die Hindoe's se “New Age” is NIE die korrekte geloof nie. Agter dit als vind ons dieselfde draak van ouds. Glo die Bybel. Dit het ons gewaarsku om niks te vertrou nie, want hulle gaan ons van alle kante af mislei!

Ek beveel sterk aan dat die wat meer wil verstaan, Probably Alexandra se blog lees, of beter nog, luister na haar video's (die skakels is op haar website). Sy is nie korrek in als nie, glad nie! Daar's sekere doktrines wat sy aanhang wat ek nie doen of mee saamstem noodwendig nie. Maar sy's 'n Christen en sy het haar huiswerk gedoen.
 Sy weet waarvan sy praat. Luister na die breë trekke wat sy probeer beskryf. Hoe hulle die wêreld gereed maak om eers die ou, wrede, evil orde raak te sien vir wat hy is (en hy IS werklik baie evil). Dit noem hulle die "Great Awakening". 

Dan gaan hulle die mense gebruik om dit omver te gooi. Mense gaan juig en dink hier kom die Ooste tot die wereld se redding, en so aanvaar hulle die nuwe orde, sonder om te besef dis net so erg en erger. Die wereld gaan dink die nuwe een is goed en moreel en regverdig, maar dis dieselfde duiwel wat mense mislei.

Laastens bespreek ek net gou my gedagtes oor mnr Pretorius se roeping.

No comments:

Post a Comment