Saturday, June 26, 2021

Geskape in die beeld van God of Kloning?

God het Adam in sy beeld gevorm. Set is in die beeld van Adam geskape, dws. deur God gevorm, maar in Adam se beeld as sy seun. Adam was dus 'n pa, en sy seun was in sy beeld. Hy het soos hy gelyk en opgetree. Set het self weer 'n seun in sy beeld gehad het, ens. Maar almal ook in die beeld van die oorspronklike Vader, elkeen uniek geskape deur God, in Sy Beeld.

Adam is God se seun, dus.... “Elohym”. 'n Kat het baba katjies. 'n Muis het baba muise. 'n God het “baba godjies”.

Of soos Jesus dit noem, Elohym.

Jesus het in die Psalms gesê: “julle is gode/elohym”.

Maar Hy het dit ook duidelik aan die Fariseërs gemaak dat dit hulle nie die Ewige Lewe binne Sy Koninkryk waarborg nie. Beide die liggaam en die gees moet gevorm word in die Beeld. Dus, wedergebore.

Toe ek kinders gekry het, het my dogter nes ek gelyk. Sy is in my beeld geskape. Het ek dit gedoen? Nee. God het. Hy is die enigste Skepper. Selfs al was dit ek wat besluit het wanneer voorbehoeding gestop word, was dit nog steeds als in God se hande. Hy besluit of mens swanger raak, wanneer, watter geslag en hoe die babatjie gaan lyk. Dis als God se werk. Kan mense van die prosesse begin na-aap en beinvloed? Ja, want Hy het ons in Sy Beeld geskep. Hy is 'n Skepper, ons skep saam met Hom. Maar Hy is DIE Skepper van Hemel en aarde. Nie ons nie. Almal en als is uiteindelik maar net Sy Skepping, al het Hy ons gebruik om dinge of mense voort te bring. As ek 'n klei struktuur skep, of 'n koek bak en versier, is dit my skepping. Maar dis tog ook op die ou end God s'n, want Hy het my die talent, kennis en toerusting gegee. Hy hou die molekules aanmekaar wat die koek of klei-struktuur vorm.

Op die ou end, is God die enigste, werklike Skepper, want as die skepping ook skep, is wat hulle skep, nog steeds maar net skeppings van die skeppings van die Skepper. En dus, een Skepper oorspronklik, waarsonder niks sou bestaan nie.

So ek het nie my dogter “geskep” of gekloon nie, sy is deur God gevorm in my beeld, en daarom in die beeld van ons voorvaders, terug tot by Adam en Eva, wat in God se beeld gevorm is. 

So my dogter bevat my “essence”, soos die tablette van die Summeriese mense dit genoem het. Dit beteken nie ek het haar gekloon nie!

Netso het die Annunaki se “essence” hul kinders geskep. Maar dit maak hulle nie “skeppers” van die mensdom of hul nageslag nie! God is. Hy is die Skepper van die HEMEL en die aarde. Dws, ALS in die Hemel of ruimte. Enige “aliens” of geeste of interdimensionele-wesens of wat ookal. Hulle is geskape deur ons God, die Vader, die Skepper.

Volgende 'n stukkie oor die goud en silwer.

No comments:

Post a Comment