Monday, June 28, 2021

Nibiru

Wat is die waarheid oor die sogenaamde “Nibiru” of Planeet X? Tans glo ek, weet slegs God, die Vader.
  • Daar is 'n groep soos mnr Pretorius wat glo dis 'n reisende planeet met 'n lang wentelbaan om die aarde.
  • Ander glo dis 'n meteoriet, ander 'n asteroiede. Party 'n komeet.
  • Ander glo dis 'n planeet wat om 'n tweeling binêre sterrestelsel, genaamd Nemesis wentel. Een van 7 sulke planete, maar sy wentelbaan draai om albei sonne, ons s'n en Nemesis. Of kom naby die aarde tydens sy omwenteling rondom Nemesis. Meeste glo Nemesis is 'n “brown dwarf” ster.

Al kennis wat ek sover het, is dat dit als deel vorm van die groot misleiding van Satan, wat tot die Afvalligheid gaan lei waarteen Paulus ons waarsku, voor Jesus se terugkeer.

Ek het altyd gewonder hoe dit gaan moontlik wees dat selfs die uitverkoneres (“the elect”) mislei sou kon word. Nou sien ek dit hier reg voor my oë gebeur. Miskien as mnr Pretorius nie so erg negatief was teenoor ander profete nie, sou hy die waarheid betyds gehoor het. Want God het nie slegs Siener as profeet gebruik nie, maar ook honderde ander. Sover het ek net gesien hoe mnr Pretorius een en almal, behalwe Siener en Johanna Brandt, verwerp as vals. En ja, baie van die wat hy verwerp het, het ek mee saamgestem. Maar nie almal nie!

God het deur baie, baie profete die afgelope 10 jaar gewaarsku dat die “Alien” agenda, of die “Ancient Aliens” ('n TV program) 
die groot Afvalligheid is waarteen die Bybel waarsku!

Basies presies dit wat mnr Pretorius verkondig.  Dat “aliens” gaan kom en beweer ons is hulle “afstammelinge”, “klonings”, “skeppings” en dat ons in hul beeld geskep is. Dat hulle ons "gode" is.

Dit is die groot afvalligheid, en mnr Pretorius verkondig dit as die waarheid!

Dit is verskriklik ontstellend. God het ons gewaarsku dat die wat die Groot Afvalligheid glo, gaan dit glo omdat hulle nooit die Waarheid liefgehad het nie.

Wat is die Waarheid?

Of eerder, wie? Jesus Christus.

Nou verduidelik dit als. Indien iemand nie die Bybel glo nie, en Jesus daardeur liefgekry het en volg nie, gaan hulle die Groot Afvalligheid van Satan die misleier, glo.

So wat is die “Nibiru” dan?

Ek weet nie, en dis nie noodwendig belangrik nie. Daar GAAN dinge oor die aarde kom wat onverklaarbaar gaan wees. Die Hemelkragte self gaan ontwrig word, waarsku die Bybel. Mense se harte gaan gaan staan uit vrees oor wat kom. En die magnetiese pole gaan verander, soos Jeremia verduidelik.

Is dit meteoriete of ander planete of uitgebrande sterre, of soos die kanaal Suspicious Observers glo, slegs die son self wat deur 'n siklus van 6000 jaar gaan en 'n vernietigende uitwerking op die aarde het deur sy eie kragte?

Maak dit werklik saak? Groot dinge kom, ons is gewaarsku. Dit gaan ontsettende veranderinge en vernietiging hier veroorsaak. Maak dit saak of dit 'n planeet, meteoriet, komeet, die son of sommer als gaan wees?

So bestaan Nibiru? Ja, ek dink so iets gaan kom. Persoonlik dink ek dit sal eerder 'n uitgestorwe, dooie asteroiede wees as 'n planeet. Miskien BenNu?

So waar kom die “Aliens” dan vandaan?

No comments:

Post a Comment