Sunday, June 27, 2021

Annunaki – die “aliens”

As ek dit reg verstaan, glo Mnr Pretorius die Annunaki was eerstens “Aliens”, of ruimtewesens. Daarna was hulle aktief op die aarde, en het selfs die mensdom toe “geskep”. Dat hulle ons Creator of Skeppers is, deurdat hulle hulself gekloon het en sommige van die mense die afstammelinge van hierdie “gode” of gekloonde “aliens” is. Dat God en Sy Engele op hierdie “Nibiru” planeet woon, en die aarde se goud nodig het om te oorleef op hulle planeet.

Daarna het die oorspronklike ruimtewesens toe weer teruggekeer na hulle planeet toe, waarna hulle weer gaan “terug kom” as ons ”Saviours” om ons te red van een van hul “skepsels”, genaamd Marduk en sy afstammelinge of bloedlyn.

Klink bekend? Wat sê mense gereeld? Satan kopieer Jesus. Die dat “Semiramis”, die koningin van die hemel soos sy ook bekend staan, vertel het hoe sy 'n “immaculate conception” met die “skuim van die see” gehad het, en daardeur Osiris se seun na sy dood gebaar het. En toe sommer met hom ook getroud is, want hy was most eintlik maar net sy pa gereinkarneer. Blykbaar. 

Hulle het al die profesieë wat daardie tyd al oor Jesus gemaak is, vir hulself toegeien. Die dat baie mense vandag glo die Bybel het ander gelowe gekopieer. Terwyl dit in werklikheid nog altyd andersom was. Wat God ook al profeteer, vat Satan dit en probeer dit vir homself waar maak. Waar hy, en nie God nie, die “held” of hoofspeler is. Netso gaan hy die Eindtyd probeer “namaak” en probeer bewys dit het eintlik als oor hom gegaan, nie oor Jesus nie.

Hy is so jaloers, dat hy homself in Jesus se plek wil sien, as die Skepper en die Verlosser wat uit die “Hemel” kom om “sy kinders in sy beeld gemaak” te kom red. En omdat mense Jesus nie wou glo nie, gaan hulle hierdie glo. Dit gaan SO geloofwaardig klink...

Min van ons verstaan hoe God die Hemel en die Aarde geskep het, en wat werklik in daardie 1500 jaar gebeur het vanaf Adam tot Noag se Vloed.

  • Party glo Adam se afstammelinge tot Noag, was almal sondige, normale mense.
  • Ander glo hulle was meer soos Engele.
  • Ander glo hulle was die “gode” of “Elohim” waarvan die Hebreeus praat.
  • Party se hulle was mense, maar besonderse regverdige en goeie mense, soos Noag wat gekies was oor hy “righteous” was. Hulle glo Set se afstammelinge was suiwer mens in hul DNA, en die afstammelinge van Kain was nie meer nie.
  • Party glo daar was wesens uit die ruimte, dus “aliens” wat ook dan die “Elohim” of Seuns van God of Hemelwesens, genoem was. Ook soms beskryf as “watchers” of soms Engele, of selfs, gevalle Engele. Soos beskryf in die buite Bybelse boek van Enoch. 

Dit kan dus wees dat daar wel “aliens” was wat al voorheen die aarde kom “besoek” het. Net God weet die werklike waarheid.

Wat of wie ookal voor die vloed op die aarde was, hulle ALMAL bly nog steeds wesens wat deur die Lewende God geskep was. Makie saak of dit 6000 jaar terug was, of soos party wil glo, miljoene jare terug nie.

Maak dit saak of dit 'n buiteruimtelike wese, 'n gevalle engel of 'n mens met korrupte DNA is? Dit is 'n skepsel van God, en hulle werk teen God en Sy ware Kinders.

Baie, baie van vandag se profete en boodskappers van God sê dat hierdie “gevalle Engele” of wat hulle ookal is, uit die Hemelse Ryk, of Geesteswereld, of Ruimte, of alternatiewe heelal, of 'n ander dimensie, as “aliens” gaan terugkom na ons aarde toe, en die mensdom gaan mislei.

Dit is dus wesens wat ons nie presies weet wat hulle is, of oorspronklik was nie.
 Maar hulle het tans die vermoë om:

  • mense se liggame so oor te neem dat hulle die liggaam ten volle beheer asof dit hulle eie liggame is. Hierdie tema is selfs in flieks as moontlikhede beskryf.
  • OF wetenskaplikes het vir hulle liggame geskep in laboratoriums, “waarin” hierdie siele, demone of gevalle engele kan funksioneer, asof dit hul liggame is. Dalk kom kloning hier ter sprake!
  • OF hulle is soos 'n AI wat 'n tipe robot beheer. So die liggaam is 'n bio-robot, soos die “Sophia” robot. Wat lyk en reageer soos 'n mens, maar dit word bestuur deur een van hierdie “wesens”.
  • OF hulle is werklik wesens uit die buitenste ruimte, wat lyk soos “mense”, en aan ons voorgestel gaan word as “aliens” van planeet so-en-so.

O
ns weet regtig nie wat die waarheid is nie, want daar is te veel leuens al vertel. Al wat ons kan doen, is om die profete te glo wat sê dat God ons waarsku dat daar wel “aliens” op die aarde gaan wees gedurende die Eindtyd en dat hulle met “ruimteskepe” gaan kom.

Hy beskryf nog nie presies aan ons wat hulle is en hoe hulle dit gaan regkry nie, of vanwaar hulle kom of wie hulle is of was nie. Ek glo mettertyd sal Hy hierdie inligting aan ons openbaar. Tans waarsku Hy ons net dat dit wel gaan gebeur, dis deel van die Groot Afvalligheid waarvan die Bybel praat, en hulle gaan beweer hulle is ons Makers. Hulle gaan baie mense mislei en dat ons moet pasop vir hulle.

So weereens, wie is dan die Annunaki?

Wat ons wel weet is dat daar 'n vloed destyds was en Noag en sy afstammelinge het van daarna af versprei oor 'n sekere deel van die aarde. Verskeie buite Bybelse geskrifte en tablette het uiteengesit hoe Noag se 3 seuns die bekende deel van die aarde tussen hulle destyds verdeel het.

Ham/Gam het die “onderdeel” gekry, Noord-Afrika (ook bekend as die “underworld”, LOL). Shem of Sem het die Midde-Ooste gekry en Japheth het Europa gekry. Heelwat van Europa se “Royalty” verklaar openlik dat hulle afstammelinge van Japheth en die ou god/Engel genaamd Jupiter blykbaar is.

Ek glo dat elkeen van die 3 groepe, het hul eie gelowe rondom die Skepping begin vorm, deur aan elkeen van hul stamvaders “godedom” toe te ken, en hom/haar te verklaar as die “Primordial god” of die “Sky god” of die “god of the Seas”, ens. Dis hoekom daar soveel ooreenstemmende stories onder die ou gelowe was. Ek dink dis dalk gebasseer op dinge wat 'n greintjie waarheid in het, van wat VOOR die vloed gebeur het.

Meeste van die groepe na die vloed, het dan ook 'n “Earth goddess” of stam moeder gehad. Hulle kinders is dan ook titels soos “god van hierdie” of “god van daardie” toegeken, en so is 'n hele godedom gevorm uit mense, met “gode” as voorvaders.

In die Oera Linda boek word daar vertel daar was 3 stam moeders rondom Europa en die Midde-Ooste en Noord Afrika. Freya, Lydia en Linda. Hierdie 3 kan MOONTLIK verwys na of Noag se skoondogters, of miskien van sy kleinseuns se vrouens. Ons weet nie. Die boek maak dit duidelik dat mense was as “gode” aanbid deur ander groepe mense onder hulle. En allerande bonatuurlike magte is toegeken aan hierdie “gode” wat onwaar was, en partykeer nie eers deur die persoon self verwelkom was nie. Dit herinner my aan die “aanbidding” van baie mense vir die vorige Prinses van Engeland, prinses Diana. En hoe sy niks daarvan gehou het dat mense haar so verhef nie.

Na die 3 seuns van Noag hul eie areas gaan bewoon het, het hulle dit weer opgedeel aan hul eie seuns vir 'n erfporsie elk. Maar 'n klompie van Ham se afstammelinge het egter nie in hul area in Noord-Afrika gebly nie, maar mettertyd op beweeg in Shem se area in. Een van die bekendste was natuurlik Kanaan. Dit is hoekom God later toegelaat het dat die Kinders van Israel daardie gebied terugeis, want dit was oorspronklik Shem s'n gewees. Nog 'n groepie nasate van Ham het na Babilon beweeg, waar Nimrod (agterkleinseun van Noag deur Ham) 'n klompie stede gebou het. Vandaar het hy ook met die Assieriers gemeng en by hulle ook stede gaan bou. Van Assirie af het mense (Shem en/of Nimrod se afstammelinge) afbeweeg in die area genaamd Summeri
ë.


Gewoonlik is die persoon in ou Mesopotamië wat 'n nuwe dorp uitgelê het, mettertyd dan ook tot die “god” van daardie dorp verklaar, en inwoners moes almal aan hom/haar aanbidding en selfs offerandes bring. Dit was veral met die gode in Babilon die geval, waar soos mnr Pretorius tereg genoem het, Marduk so 'n bekende “godjie” was. Maar, hy was en is maar net soos almal van daardie tyd, eers 'n mens gewees, 'n afstammeling uit een van Noag se seuns. Nie 'n “alien” of hemelwese of Engel of enige iets vreemds nie. Slegs 'n mens. Gemaak deur God, nie gekloon deur “aliens” nie.

Natuurlik was hy as iets bonatuurlik verklaar op hul kliptablette. Wie durf nie die goddelikheid (“divinity”) van hierdie mense erken het nie? ;-) Nie as jy jou lewe wou behou het nie!

So almal het hul “stadsvaders” later as gode aanbid en hul so beskryf op hul “heilige dokumente”, of klip tablette in die ou dae. Dit is en bly maar net voorvader geestes aanbidding, iets waarmee ons in Suid Afrika tog goed bekend is.

Moenie 'n fout maak nie, hierdie wesens was EN is nog steeds werklik (tot die Oordeelsdag). Hulle het geleef as mense, gesterf en is geplaas waar God sulke siele plaas tot hul geoordeel kan word. Ons verstaan nie die geesteswêreld nie. Ons weet nie hoe God besluit wie waarnatoe gaan, hoe of wat hul dan daar is nie.

Wat laat iemand 'n demoon word na sy dood? Net God weet. En net Hy weet of hulle in 'n “ander dimensie” leef, of 'n ander tydgleuf, of op “planete” in die “ruimte” geplaas is tot die Oordeelsdag, en of hulle letterlik in die maag van die aarde vasgevang is soos die antieke mense geglo het nie. Wat is die “hel”? Waar is die “hel”? Waar is die “dodeRYK”? Waar of wat is die “bottomless pit”? Wie van ons kan dit antwoord?

Die geesteswereld is dus werklik, en is gevul met voorvadergeeste en demone en misleidende geeste, en ook die regverdige siele soos Samuel wie se slaap versteur was deur Saul. En daar is ook Engele van God, en Engele van Satan, volgens die Bybel.

Wie en wat hulle is, weet ons ook nie! Waar hulle “vandaan” gaan kom, weet ons nie. Ons weet net dat ons hulle mettertyd hier op die aarde met ons oë sal kan sien. En dat Satan kom met groot woede om ons uit te wis na hy en sy Engele uit die “hemel” geskop is. Terwyl God Sy Engele gaan stuur om ons te waarsku, te help en uit te lei waar gevaar dreig.

Wat ons moet besef, is dat hulle almal nog steeds slegs “wesens” is. Geskepte wesens. Hierdie wesens word tot vandag toe aanbid as gode of voorvadergeeste wat volgens hul aanbidders, beheer oor die mensdom kan uitoefen deur dinge soos re
ën, “curses” of mislukte oeste. Dit maak hulle nie gode of ons skeppers nie.

Die Annunaki was dus ook regtige mense op aarde. Hulle het bestaan op die aarde. As “Royalty” in die Babiloniese en Assiriese ryke. Maar nie omdat hulle klonings was nie! Hulle is gebore soos enige ander mense op aarde. Of hulle “aliens” of gevalle Engele as voorvaders gehad het, sal ek nie weet nie. Maar hulle is nie my “Royalty” nie, netso min as wat ek die Europese “Royalty” as sulks aanvaar. Hulle is ook nie gode nie, netso min as wat ek Satan se Engele as my gode sal sien. Hulle is ook nie ons skeppers nie, netso min as wat ek my eie pa en ma as my skeppers sien (wel my DNA-skenkers, maar God was my Skepper).

So wie was die Annunaki toe hulle nog geleef het op die aarde?

Die Summeriese “gode”-lyn het so +- 4000-5000 jaar gelede begin met die “primordial god” of stamvader, Abzu en sy vrou Tiamat. Abzu het 2 kinders, Anshar en Kishar gehad. Hulle (boetie en sussie) het saam 'n seun, Anu en 'n dogter, Ki gehad wat weer op hul beurt getrou het.

Uit hierdie twee het die “Annunaki” toe voortgespruit. Kinders van Anu en Ki.

Anu en Ki het onder andere 3 kinders, genaamd Enlil, Enki en Ninsun gehad. Enlil, was ook bekend as Asshur. Of dit die Asshur (Assirie) is wat Nimrod begin het, of die een wat uit Shem voortgespruit het en Assirie (Syria) gevorm het, weet ek nie. Punt is, hy was maar net 'n direkte afstammeling van een van Noag se kinders! Geen “god” nie, net 'n mens wat tot “god” verklaar is.

Daar is baie tablette geskryf oor 2 van hierdie kinders van Anu, asook die seun van Ninsun, Gilgamesh. Soos aangeteken in die “Epic of Gilgamesh”. Dit is een van die bekendstes, en ook vreemdste stories van die Summeriese mense. En vertel weer iets heeltemal anders as dat hierdie mense kamtig “aliens” van 'n ander planeet was!

Hulle was maar 'n vreemde en verwarde spulletjie, die Summeriers. En as mens al hul tablette as werklik moet aanvaar..... ek kan net kop skud daaroor. Ek aanvaar nie al die Egiptenare se stories wat vertel is deur hul hierogliewe, as die waarheid nie, of die tekeninge van die KhoiSan, of die Bantu's se oorvertellinge vanwaar Zulu's vandaan kom nie (ook 'n “alien” storie!). Hoekom sal ek die Summeriese vertellinge as feite aanvaar? En nog erger, die dinge wat Zecharia Stitchen rondom dit afgelei, aangeneem en bygelas het?

Enlil was die vader van die Persiese en Mediërs se maangod, Sin (Nannar), en Enki was die vader van die Babiloniese songod, Marduk. Hierdie 2 is om die beurt in Babilonia aanbid, en elke keer was dit groot ongelukkigheid wanneer die een groep die ander se tempels oorgeneem het en met hul eie “god” se name vervang het.

Die familie het duidelik met die twee seuns in 2 gesplit en van toe af het hulle baklei onder mekaar, selfs na hul dood as geeste! Baie mense glo die “stamvader” van Babel self was of Nimrod of sy vader, Cush. Indien so, is Enlil dalk dan die Asshur (Assirie) van Genesis 10 wat uit Cush voortgespruit het. Andersins dan dalk Shem se lyn, deur sy seun Asshur (Assyrie).

Soos mnr Pretorius ook tereg verduidelik het, was een van Enlil se kleinkinders dan ook die bekende Ishtar of Inanna. Ishtar was getroud met Tammuz, die berugte “godjie” wat aanbid was deur die afvallige Israeliete, saam met sy vrou, die “godin van die hemele”.

Baie mense glo die “Statue of Liberty” is 'n beeld vir of van Ishtar. Ek sal nie weet of dit waar is of nie. Maar God het deur Sy Profete wel verklaar dat die VSA van vandag, die “Mystery Babylon” is van die Boek van Openbaring. So die bloedlyne van ou Babylon en die Galdeërs, het in die VSA van vandag opgeëndig, asook nasaate van Isaac en Jacob self.

Miskien sal dit nou ook duidelik wees vir mense hoekom ek die asteroiede BenNu dophou as die moontlike “Nibiru” wat gaan verskyn naby die aarde (moontlik as die rooi draak in die hemel).

Hoewel wikipedia 'n verduideliking gee waar die naam vandaan kom, weet ons tog ook dat die woord Ben in Hebreeus beteken “Seun van”. Dus kan BenNu verwys na: “Seun van Nu”.

En daar was minstens 2 mense in die antieke tyd, waarvan ons weet, met die naam “Nu”. Die Indiers aanbid self 'n god met die naam “Nu”. Dit kan of verwys na Noag van die Vloed, as “No-ah”, of “Nu-yah” wat beteken “God Nu”.

En dan weet ons ook van A'Nu of Anu, die Summeriese afstammeling van Noag. Die “A” kan ook 'n geval wees van 'n titel, soos Yah-Nu of god Nu.

Nu kan dus verwys na Enlil en Enki se pa, Anu, of na Noag dalk.

Bennu, kan dus verwys na Seun van Nu, en dus DALK praat van een van Anu se seuns, Enlil of Enki. Enlil is ook genoem Asshur, en dus dink ek dis dalk na hom wat verwys word.

Die Bybel praat van “die Assirian” wat gaan kom. En dat die verskynsel in die Hemel gaan die draak, die Satan van Ouds wees. Wat met al sy engele op die aarde gegooi gaan word. Uit die Hemel. En of Hemel verwys na “lug”, “ruimte” of geestesryk, of al 3, sal ons nie weet nie. Maar dat hierdie wesens NIE enigsins liefde op hul harte vir God se Kinders gaan hê nie, dit maak Openbaring vir ons duidelik in die Bybel. 

Volgende meer oor die "kloning-idee".

No comments:

Post a Comment