Friday, June 25, 2021

Al die goud en silwer behoort aan God

Ek gaan so klein stukkie ekstra hier insit wat dalk ook sal help verduidelik hoe ver die Elite verkeerd gaan.

God het Adam geskep. Uit hom was daar verskillende bloedlyne. Uit Noag was daar weer verskillende bloedlyne. En uit elkeen van Noag se kleinkinders, was daar weer verskillendes.

God het die “Aarde” geskep. Maar met aarde het hy heelwat betekenisse bedoel. Hy het die planeet geskep. Hy het ook die kontinent of land geskep waarop sy Volk gebly het. Hy het ook die liggame van mense geskep waaruit “saad” sou skiet en hulle bome genoem. Hy het dus die baarmoeders van vrouens geskep as 'n tipe vrugbare “aarde”.

Soos Hy die aarde geskep het, het Hy dus ook die mense geskep en gevorm deur die eeue en millenia deur. Mettertyd was daar verskillende bome. Met verskillende bloedlyne.

Hierdie bloedlyne, as ek dit reg verstaan, beeld hy as “metale” uit. Daar is die goue bloedlyn, die Babiloniese ryk van Nebukadnezzer gewees. Dan is daar die silwer bloedlyn, die Mediers en Perse, gewees. Daarna het die bloedlyn van die Grieke regeer, dis die brons. En laastens die Romeinse bloedlyne, die yster.

Jesaja 60:17
Ek gee vir jou goud in die plek van brons,
silwer in die plek van yster,
brons in die plek van hout,
yster in die plek van klip.

Hierdie is bloedlyne. So daar is ook nog naas die 4 hier bo, ook 'n “hout” bloedlyn en 'n “klip” bloedlyn. En God het aan die ou Israeliete gesê hulle aanbid gode van hout! Dit was sekere mense, sekere bloedlyne, wat hulself as “Royalty” aangestel het, en geëis het om aanbid te word.

So wanneer God sê die goud en silwer behoort aan Hom, is dit die 2 bloedlyne van nasate aan wie Hy beloftes gemaak het. Enige iemand wat aan Jesus glo, word ingeënt in Sy boom. Sy bloedlyn. Maar God het beloftes gemaak aan sekere van Sy Kinders in die Bybel, en Hy gaan daardie beloftes nakom. Die bloedlyne wat werklik goud en silwer voorstel, behoort aan Hom.

Ja, die werklike goud en silwer van die aarde behoort OOK aan Hom!!! Die Bybel het baie betekenisse en vlakke. So as God sê die “goud” behoort aan Hom, bedoel hy die letterlike betekenis, die simboliese betekenis EN die geestelike betekenis!

Satan is egter bietjie vasgevang in sy materialisme, en gretigheid om als wat God s'n is, op te eis vir homself. Hy wil dus al die werklike goud en silwer van die aarde hê (wat die rede was hoekom ons Afrikaners ons Republieke verloor het). Want Satan glo die goud en silwer is God s'n. En ja, dit is, maar waarvan God EINTLIK gepraat het, was die bloedlyne. Sekere mense.

Wanneer die nuwe Babiloniers hulle “beeld” die keer gaan oprig, gaan dit 'n beeld van “goud” wees. Hulle gaan dus nie meer vir ons die “hout” gode gee om te aanbid nie, maar die goue beeld van kop tot tone. Die bloedlyn wat deur die hele “beeld”, almal wat dit vorm, is. Ons gaan dus 'n hele “nasie” of “koninkryk” kry as ons “gode” en vertel word ons moet hulle aanbid, want hulle is ons gode of skeppers. En ons weet, die goue bloedlyn was in Babilonie. Netsoos in Daniel se tyd, gaan ons forseer word om die “goue beeld” te aanbid. 

Maar voor dit nog, ook die "goue kalf". Weereens, 'n bloedlyn (nogals van Israelietiese nasate!). Die nasie met die “goue bloedlyn”. Miskien is daar mense wat al weet wie hierdie “nasie” is, maar ons sal 'n ander dag daarby kom. Hierdie "goue kalf" aanbidding is al ver gevorderd in Amerika, en hordes Christene neem lustig deel sonder om te besef wat hulle doen.

Ek wou dit net duidelik maak hoekom die stories van Nibiru wat “goud” kort so belaglik is. Dis ongelowiges wat dinge in die Bybel vat, soos die versie waar God sê die goud en die silwer is Syne. En dan 'n hele feëverhaal rondom dit weef. Sodat wanneer hulle eendag die minerale, goud en silwer opëis as hulle s'n, sal ons blykbaar moet glo hulle is “god”, want God het dan gesê die goud en silwer is Syne. So die een aan wie dit behoort, is “god”, sien?

Maar vir ons Lewende God, gaan dit oor die Lewende goud en silwer, die bloedlyne wat Hy geskep het. Meeste van hulle is vandag Christene, maar daar is 'n groepie wat afvallig geraak het, lank terug. 

Jesus het gewaarsku om nie skatte op aarde bymekaar te maak nie, eerder in die Hemel. Dus, die goud en silwer in die Geesteswereld, nie op die aarde nie. 

My ma het altyd gesê haar grootste skatte was haar kinders. Ek stem. Solank ek my kinders in die Koninkryk eendag kan sien, sal ek die rykste persoon ooit wees. Hulle is my goud en silwer. Netso is ons, die Kinders van God, Sy goud en silwer en diamante en robyne en pêrels, ens. 

Volgende 'n teorie oor waar al hierdie gode-aanbidding moontlik vandaan kom en hoekom.

No comments:

Post a Comment