As ek dit reg verstaan,
glo Mnr Pretorius die Annunaki was eerstens “Aliens”, of
ruimtewesens. Daarna was hulle aktief op die aarde, en het selfs die mensdom toe “geskep”. Dat hulle ons Creator of Skeppers is, deurdat hulle
hulself gekloon het en sommige van die mense die afstammelinge van hierdie “gode”
of gekloonde “aliens” is. Dat God en Sy Engele op hierdie “Nibiru” planeet woon, en die aarde se goud
nodig het om te oorleef op hulle planeet.
Daarna het die
oorspronklike ruimtewesens toe weer teruggekeer na hulle planeet toe, waarna
hulle weer gaan “terug kom” as ons ”Saviours” om ons te red
van een van hul “skepsels”, genaamd Marduk en sy afstammelinge of
bloedlyn.
Klink
bekend? Wat sê mense gereeld? Satan kopieer Jesus. Die dat
“Semiramis”, die koningin van die hemel soos sy ook bekend staan,
vertel het hoe sy 'n “immaculate conception” met die “skuim van
die see” gehad het, en daardeur Osiris se seun na sy dood gebaar
het. En toe sommer met hom ook getroud is, want hy was most eintlik maar net sy pa
gereinkarneer. Blykbaar.
Hulle
het al die profesieë wat daardie tyd al oor Jesus gemaak is, vir
hulself toegeien. Die dat baie mense vandag glo die Bybel het ander
gelowe gekopieer. Terwyl dit in werklikheid nog altyd andersom was.
Wat God ook al profeteer, vat Satan dit en probeer dit vir homself
waar maak. Waar hy, en nie God nie, die “held” of hoofspeler is.
Netso gaan hy die Eindtyd probeer “namaak” en probeer bewys dit
het eintlik als oor hom gegaan, nie oor Jesus nie.
Hy
is so jaloers, dat hy homself in Jesus se plek wil sien, as die
Skepper en die Verlosser wat uit die “Hemel” kom om “sy kinders
in sy beeld gemaak” te kom red. En omdat mense Jesus nie wou glo
nie, gaan hulle hierdie glo. Dit gaan SO geloofwaardig klink...
Min van ons verstaan
hoe God die Hemel en die Aarde geskep het, en wat werklik in daardie
1500 jaar gebeur het vanaf Adam tot Noag se Vloed.
- Party glo Adam se
afstammelinge tot Noag, was almal sondige, normale mense.
- Ander glo hulle
was meer soos Engele.
-
Ander glo hulle
was die “gode” of “Elohim” waarvan die Hebreeus praat.
-
Party se hulle was
mense, maar besonderse regverdige en goeie mense, soos Noag wat
gekies was oor hy “righteous” was. Hulle glo Set se
afstammelinge was suiwer mens in hul DNA, en die afstammelinge van
Kain was nie meer nie.
-
Party glo daar was
wesens uit die ruimte, dus “aliens” wat ook dan die “Elohim”
of Seuns van God of Hemelwesens, genoem was. Ook soms beskryf as
“watchers” of soms Engele, of selfs, gevalle Engele. Soos
beskryf in die buite Bybelse boek van Enoch.
Dit kan dus wees dat
daar wel “aliens” was wat al voorheen die aarde kom “besoek”
het. Net God weet die werklike waarheid.
Wat of wie ookal voor
die vloed op die aarde was, hulle ALMAL bly nog steeds wesens wat
deur die Lewende God geskep was. Makie saak of dit 6000 jaar terug
was, of soos party wil glo, miljoene jare terug nie.
Maak dit saak of dit 'n
buiteruimtelike wese, 'n gevalle engel of 'n mens met korrupte DNA
is? Dit is 'n skepsel van God, en hulle werk teen God en Sy ware
Kinders.
Baie, baie van vandag
se profete en boodskappers van God sê dat hierdie “gevalle Engele”
of wat hulle ookal is, uit die Hemelse Ryk, of Geesteswereld, of
Ruimte, of alternatiewe heelal, of 'n ander dimensie, as “aliens”
gaan terugkom na ons aarde toe, en die mensdom gaan mislei.
Dit is dus wesens wat
ons nie presies weet wat hulle is, of oorspronklik was nie. Maar
hulle het tans die vermoë om:
- mense se
liggame so oor te neem dat hulle die liggaam ten volle beheer asof
dit hulle eie liggame is. Hierdie tema is selfs in flieks as
moontlikhede beskryf.
- OF wetenskaplikes
het vir hulle liggame geskep in laboratoriums, “waarin” hierdie
siele, demone of gevalle engele kan funksioneer, asof dit hul
liggame is. Dalk kom kloning hier ter sprake!
- OF hulle is soos
'n AI wat 'n tipe robot beheer. So die liggaam is 'n bio-robot, soos
die “Sophia” robot. Wat lyk en reageer soos 'n mens, maar dit
word bestuur deur een van hierdie “wesens”.
-
OF hulle is
werklik wesens uit die buitenste ruimte, wat lyk soos “mense”,
en aan ons voorgestel gaan word as “aliens” van planeet
so-en-so.
Ons weet regtig nie wat
die waarheid is nie, want daar is te veel leuens al vertel. Al wat
ons kan doen, is om die profete te glo wat sê dat God ons waarsku
dat daar wel “aliens” op die aarde gaan wees gedurende die
Eindtyd en dat hulle met “ruimteskepe” gaan kom.
Hy beskryf nog nie
presies aan ons wat hulle is en hoe hulle dit gaan regkry nie, of
vanwaar hulle kom of wie hulle is of was nie. Ek glo mettertyd sal Hy
hierdie inligting aan ons openbaar. Tans waarsku Hy ons net dat dit
wel gaan gebeur, dis deel van die Groot Afvalligheid waarvan die
Bybel praat, en hulle gaan beweer hulle is ons Makers. Hulle gaan
baie mense mislei en dat ons moet pasop vir hulle.
So weereens, wie is
dan die Annunaki?
Wat ons wel weet is dat
daar 'n vloed destyds was en Noag en sy afstammelinge het van daarna
af versprei oor 'n sekere deel van die aarde. Verskeie buite Bybelse
geskrifte en tablette het uiteengesit hoe Noag se 3 seuns die bekende
deel van die aarde tussen hulle destyds verdeel het.
Ham/Gam het die
“onderdeel” gekry, Noord-Afrika (ook bekend as die “underworld”,
LOL). Shem of Sem het die Midde-Ooste gekry en Japheth het Europa
gekry. Heelwat van Europa se “Royalty” verklaar openlik dat hulle
afstammelinge van Japheth en die ou god/Engel genaamd Jupiter blykbaar
is.
Ek glo dat elkeen van
die 3 groepe, het hul eie gelowe rondom die Skepping begin vorm, deur
aan elkeen van hul stamvaders “godedom” toe te ken, en hom/haar
te verklaar as die “Primordial god” of die “Sky god” of die
“god of the Seas”, ens. Dis hoekom daar soveel ooreenstemmende
stories onder die ou gelowe was. Ek dink dis dalk gebasseer op dinge
wat 'n greintjie waarheid in het, van wat VOOR die vloed gebeur het.
Meeste van die groepe
na die vloed, het dan ook 'n “Earth goddess” of stam moeder
gehad. Hulle kinders is dan ook titels soos “god van hierdie” of
“god van daardie” toegeken, en so is 'n hele godedom gevorm uit
mense, met “gode” as voorvaders.
In die Oera Linda boek
word daar vertel daar was 3 stam moeders rondom Europa en die
Midde-Ooste en Noord Afrika. Freya, Lydia en Linda. Hierdie 3 kan
MOONTLIK verwys na of Noag se skoondogters, of miskien van sy
kleinseuns se vrouens. Ons weet nie. Die boek maak dit duidelik dat
mense was as “gode” aanbid deur ander groepe mense onder hulle.
En allerande bonatuurlike magte is toegeken aan hierdie “gode”
wat onwaar was, en partykeer nie eers deur die persoon self verwelkom
was nie. Dit herinner my aan die “aanbidding” van baie mense vir
die vorige Prinses van Engeland, prinses Diana. En hoe sy niks
daarvan gehou het dat mense haar so verhef nie.
Na die 3 seuns van Noag
hul eie areas gaan bewoon het, het hulle dit weer opgedeel aan hul eie
seuns vir 'n erfporsie elk. Maar 'n klompie van Ham se afstammelinge
het egter nie in hul area in Noord-Afrika gebly nie, maar mettertyd
op beweeg in Shem se area in. Een van die bekendste was natuurlik
Kanaan. Dit is hoekom God later toegelaat het dat die Kinders van
Israel daardie gebied terugeis, want dit was oorspronklik Shem s'n
gewees. Nog 'n groepie nasate van Ham het na Babilon beweeg, waar Nimrod
(agterkleinseun van Noag deur Ham) 'n klompie stede gebou het. Vandaar het hy
ook met die Assieriers gemeng en by hulle ook stede gaan bou. Van
Assirie af het mense (Shem en/of Nimrod se afstammelinge) afbeweeg in
die area genaamd Summerië.
Gewoonlik is die
persoon in ou Mesopotamië wat 'n nuwe dorp uitgelê het, mettertyd
dan ook tot die “god” van daardie dorp verklaar, en inwoners moes
almal aan hom/haar aanbidding en selfs offerandes bring. Dit was
veral met die gode in Babilon die geval, waar soos mnr Pretorius
tereg genoem het, Marduk so 'n bekende “godjie” was. Maar, hy was
en is maar net soos almal van daardie tyd, eers 'n mens gewees, 'n
afstammeling uit een van Noag se seuns. Nie 'n “alien” of
hemelwese of Engel of enige iets vreemds nie. Slegs 'n mens. Gemaak
deur God, nie gekloon deur “aliens” nie.
Natuurlik was hy as
iets bonatuurlik verklaar op hul kliptablette. Wie durf nie die
goddelikheid (“divinity”) van hierdie mense erken het nie? ;-)
Nie as jy jou lewe wou behou het nie!
So almal het hul
“stadsvaders” later as gode aanbid en hul so beskryf op hul
“heilige dokumente”, of klip tablette in die ou dae. Dit is en
bly maar net voorvader geestes aanbidding, iets waarmee ons in Suid
Afrika tog goed bekend is.
Moenie 'n fout maak
nie, hierdie wesens was EN is nog steeds werklik (tot die
Oordeelsdag). Hulle het geleef as mense, gesterf en is geplaas waar
God sulke siele plaas tot hul geoordeel kan word. Ons verstaan nie
die geesteswêreld nie. Ons weet nie hoe God besluit wie waarnatoe
gaan, hoe of wat hul dan daar is nie.
Wat laat iemand 'n
demoon word na sy dood? Net God weet. En net Hy weet of hulle in 'n
“ander dimensie” leef, of 'n ander tydgleuf, of op “planete”
in die “ruimte” geplaas is tot die Oordeelsdag, en of hulle
letterlik in die maag van die aarde vasgevang is soos die antieke
mense geglo het nie. Wat is die “hel”? Waar is die “hel”?
Waar is die “dodeRYK”? Waar of wat is die “bottomless pit”?
Wie van ons kan dit antwoord?
Die geesteswereld is
dus werklik, en is gevul met voorvadergeeste en demone en misleidende
geeste, en ook die regverdige siele soos Samuel wie se slaap versteur
was deur Saul. En daar is ook Engele van God, en Engele van Satan,
volgens die Bybel.
Wie en wat hulle is,
weet ons ook nie! Waar hulle “vandaan” gaan kom, weet ons nie.
Ons weet net dat ons hulle mettertyd hier op die aarde met ons oë
sal kan sien. En dat Satan kom met groot woede om ons uit te wis na
hy en sy Engele uit die “hemel” geskop is. Terwyl God Sy Engele
gaan stuur om ons te waarsku, te help en uit te lei waar gevaar
dreig.
Wat ons moet besef, is
dat hulle almal nog steeds slegs “wesens” is. Geskepte wesens.
Hierdie wesens word tot vandag toe aanbid as gode of voorvadergeeste
wat volgens hul aanbidders, beheer oor die mensdom kan uitoefen deur dinge soos reën, “curses” of mislukte oeste. Dit maak hulle nie gode of ons
skeppers nie.
Die Annunaki was dus
ook regtige mense op aarde. Hulle het bestaan op die aarde. As
“Royalty” in die Babiloniese en Assiriese ryke. Maar nie omdat
hulle klonings was nie! Hulle is gebore soos enige ander mense op
aarde. Of hulle “aliens” of gevalle Engele as voorvaders gehad het, sal ek nie weet
nie. Maar hulle is nie my “Royalty” nie, netso min as wat ek die
Europese “Royalty” as sulks aanvaar. Hulle is ook nie gode nie,
netso min as wat ek Satan se Engele as my gode sal sien. Hulle is ook
nie ons skeppers nie, netso min as wat ek my eie pa en ma as my
skeppers sien (wel my DNA-skenkers, maar God was my Skepper).
So wie was die
Annunaki toe hulle nog geleef het op die aarde?
Die Summeriese
“gode”-lyn het so +- 4000-5000 jaar gelede begin met die
“primordial god” of stamvader, Abzu en sy vrou Tiamat. Abzu het 2
kinders, Anshar en Kishar gehad. Hulle (boetie en sussie) het saam 'n
seun, Anu en 'n dogter, Ki gehad wat weer op hul beurt
getrou het.
Uit hierdie twee het
die “Annunaki” toe voortgespruit. Kinders van Anu en Ki.
Anu en Ki het onder andere 3
kinders, genaamd Enlil, Enki en Ninsun gehad. Enlil, was ook bekend
as Asshur. Of dit die Asshur (Assirie) is wat Nimrod begin het, of
die een wat uit Shem voortgespruit het en Assirie (Syria) gevorm het,
weet ek nie. Punt is, hy was maar net 'n direkte afstammeling van een
van Noag se kinders! Geen “god” nie, net 'n mens wat tot “god”
verklaar is.
Daar is baie tablette
geskryf oor 2 van hierdie kinders van Anu, asook die seun van Ninsun,
Gilgamesh. Soos aangeteken in die “Epic of Gilgamesh”. Dit is een
van die bekendstes, en ook vreemdste stories van die Summeriese
mense. En vertel weer iets heeltemal anders as dat hierdie mense
kamtig “aliens” van 'n ander planeet was!
Hulle was maar 'n
vreemde en verwarde spulletjie, die Summeriers. En as mens al hul
tablette as werklik moet aanvaar..... ek kan net kop skud daaroor. Ek
aanvaar nie al die Egiptenare se stories wat vertel is deur hul
hierogliewe, as die waarheid nie, of die tekeninge van die KhoiSan,
of die Bantu's se oorvertellinge vanwaar Zulu's vandaan kom nie (ook
'n “alien” storie!). Hoekom sal ek die Summeriese vertellinge as
feite aanvaar? En nog erger, die dinge wat Zecharia Stitchen rondom
dit afgelei, aangeneem en bygelas het?
Enlil was die vader van
die Persiese en Mediërs se maangod, Sin (Nannar), en Enki was die
vader van die Babiloniese songod, Marduk. Hierdie 2 is om die beurt
in Babilonia aanbid, en elke keer was dit groot ongelukkigheid
wanneer die een groep die ander se tempels oorgeneem het en met hul
eie “god” se name vervang het.
Die familie het
duidelik met die twee seuns in 2 gesplit en van toe af het hulle
baklei onder mekaar, selfs na hul dood as geeste! Baie mense glo die
“stamvader” van Babel self was of Nimrod of sy vader, Cush.
Indien so, is Enlil dalk dan die Asshur (Assirie) van Genesis 10 wat
uit Cush voortgespruit het. Andersins dan dalk Shem se lyn, deur sy
seun Asshur (Assyrie).
Soos mnr Pretorius ook
tereg verduidelik het, was een van Enlil se kleinkinders dan ook die
bekende Ishtar of Inanna. Ishtar was getroud met Tammuz, die berugte
“godjie” wat aanbid was deur die afvallige Israeliete, saam met
sy vrou, die “godin van die hemele”.
Baie mense glo die
“Statue of Liberty” is 'n beeld vir of van Ishtar. Ek sal nie
weet of dit waar is of nie. Maar God het deur Sy Profete wel verklaar
dat die VSA van vandag, die “Mystery Babylon” is van die Boek van
Openbaring. So die bloedlyne van ou Babylon en die Galdeërs, het in
die VSA van vandag opgeëndig, asook nasaate van Isaac en Jacob self.
Miskien sal dit nou ook
duidelik wees vir mense hoekom ek die asteroiede BenNu dophou as die
moontlike “Nibiru” wat gaan verskyn naby die aarde (moontlik as
die rooi draak in die hemel).
Hoewel wikipedia 'n
verduideliking gee waar die naam vandaan kom, weet ons tog ook dat
die woord Ben in Hebreeus beteken “Seun van”. Dus kan BenNu
verwys na: “Seun van Nu”.
En daar was minstens 2
mense in die antieke tyd, waarvan ons weet, met die naam “Nu”.
Die Indiers aanbid self 'n god met die naam “Nu”. Dit kan of
verwys na Noag van die Vloed, as “No-ah”, of “Nu-yah” wat
beteken “God Nu”.
En dan weet ons ook van
A'Nu of Anu, die Summeriese afstammeling van Noag. Die “A” kan
ook 'n geval wees van 'n titel, soos Yah-Nu of god Nu.
Nu kan dus verwys na
Enlil en Enki se pa, Anu, of na Noag dalk.
Bennu, kan dus verwys
na Seun van Nu, en dus DALK praat van een van Anu se seuns, Enlil of
Enki. Enlil is ook genoem Asshur, en dus dink ek dis dalk na hom wat
verwys word.
Die Bybel praat van
“die Assirian” wat gaan kom. En dat die verskynsel in die Hemel
gaan die draak, die Satan van Ouds wees. Wat met al sy engele op die
aarde gegooi gaan word. Uit die Hemel. En of Hemel verwys na “lug”,
“ruimte” of geestesryk, of al 3, sal ons nie weet nie. Maar dat
hierdie wesens NIE enigsins liefde op hul harte vir God se Kinders
gaan hê nie, dit maak Openbaring vir ons duidelik in die Bybel.