Mnr Pretorius vra die volgende vraag
(en antwoord dit dan). Ek sal graag ook my opinie hieroor wil gee aan
my lesers.
“(c) Wat van die Bybel (Nuwe
Testament) is dan waar en eg?”
Ek gaan nie alles wat mnr Pretorius
antwoord, hier in trek nie. Ek sal net 'n vinnige opsomming van party
van sy punte maak, sodat die wat nie die artikel volledig gelees het
nie, kan weet waarvan ek praat.
Hy noem die volgende, en ek
parafraseer, so ek hoop ek het reg verstaan met wat hy bedoel en gesê
het. Indien nie, vra ek verskoning.
- Hy beskou baie dinge in en rondom
die Bybel as bedrog.
- Hy beweer Nasaret die dorpie, het
nog nie bestaan in Jesus se tyd nie.
- Hy beweer die maagdelike geboorte
was 'n leuen.
- Hy glo Jesus was in die herberg
gebore, nie in 'n stal nie.
- Hy glo hoe Lasarus se opwekking
uit die dood beskryf word in die Bybel, is onwaar, dat Lasarus nie
al geruik het nie en hy en Jesus het 'n gesprek gevoer terwyl
Lasarus nog in die grafkamer was en Jesus buite was.
- Hy glo dis leuens dat twee
rowers/moordenaars aan weerskante van Jesus gekruisig is.
- Hy glo nie Petrus het die
“sleutels van die Koninkryk” ontvang nie, en dus nie die “kerk”
begin nie. Hy glo die “kerk” is eers 250 jaar later gestig.
- Hy glo die Evangelie is nie
werklik die Evangelie van Jesus Christus nie, maar eerder die
“Evangelie van Paulus”.
- Hy glo Paulus, of sy naam, was
verantwoordelik vir die grootste deel van die gelowiges se
“probleem” oor die eeue.
- Hy glo dat een van Paulus se
grootste afwykings was dat hy “Jesus se aandrang op gehoorsaamheid
aan die Wet verander en verliberaliseer het na die sogenaamde
Verbond van die Genade”.
Die laaste punt, veral die minagtende woorde: "sogenaamde Verbond van die Genade", laat my onwillekeurig aan Hebreers 10 dink:
29 Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het?
'n Mens kan net sidder.
So nou wil ek graag ook die vraag
antwoord, en dan my antwoord verduidelik.
“(c) Wat van
die Bybel (Nuwe Testament) is dan waar en eg?”
ALS.
Dit is waar geloof inkom. Die wat glo,
en die wat nie werklik glo nie. Die wat glo, glo dat God redes gehad
het, vir sekere dinge wat vir ons moeilik verstaanbaar of selfs
onverskoonbaar in ons oë is, in die Bybel. Of teenstrydighede waarop
verskillende doktrines of selfs kerkgroepe dan later ontstaan.
Die wat glo, glo dis waar en eg en van
God af, maar dat ons net (nog nie) als verstaan nie.
Kom ek gee 'n BAIE eenvoudige
verduideliking.
In Jesaia 43 staan:
4 Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
As kind is ons geleer dit het oor Jesus
gegaan, maar ook oor Sy Volgelinge (as Sy Liggaam, wat Hom volg). Dan
het ons dit gelees as: “God gaan nasies in ruil vir ons lewens”
gee. En elke keer het ek teruggedeins en gesê nee dankie, ek wil nie
hê mense of nasies moet sterf vir my om te kan lewe nie!
Meeste mense, sekerlik nie almal nie,
sou dit so lees: God “offer” mense en nasies op, in ruil vir 'n
Kind van Hom. Maar dis nie wat bedoel was daarmee nie!
Dis ONS wat sterf. Sodat nasies gered
kan word. Mense gered kan word. God offer Sy Kind(ers) se lewens op
aarde op, om nasies of ander mense mee te red. Jesus se dood het die
nasies gered. Ons dood kan dalk iemand red wat sien hoe ons tot die
einde aanhou glo en daardeur mense inspireer om meer van Jesus te
leer en so tot die geloof te kom.
So omdat God ons kosbaar ag, eer Hy ons
deur dit toe laat. Want daar is 'n geheim aan verbonde, as jy sterf
as 'n “diens” aan Hom. Soos Jesus gesê het. Niemand het groter
liefde as dit... dat hy sy lewe vir sy vriende gee. En ook dat
liefde 'n magdom sonde bedek! Daarom is sulke martelaars dan ook
verseker van 'n plekkie in Sy Koninkryk.
My punt illustreer dat ons 'n versie op
een manier kan lees.... volke gaan sterf.
Wanneer dit presies die teenoorgestelde
beteken. Volke gaan gered word!
Ons kan 'n versie dus totaal en al
verkeerd verstaan, of interpreteer. Dit beteken NIE die versie is
verkeerd of hoort nie in die Bybel of is bedrog nie. So wanneer ons
iets teëkom in die Bybel wat ons laat wonder.... dan moet ons GLO.
Glo dat God 'n rede gehad het. Glo dat God se planne goed is. En glo
dat God nie jok nie, ons verstaan net nie wat dit presies beteken
nie! En Hy sal wel mettertyd als openbaar maak. Maar ons gaan baie,
baie geduldig moet wees. Daarom.... ons glo wat ons nie kan sien nie,
ons hoop op wat nog kom. Maar verloor nie vertroue in God of Sy Woord
nie! En laat ons nie so maklik mislei deur goddelose mense se idees
en denke en woorde nie!
Baie van mnr Pretorius se probleme met
die Evangelie en die Bybel is presies dieselfde probleem! Hy besef werklik net nie
wat dit als beteken nie. Byvoorbeeld die feit dat daar 4
Evangelies is. Hy weet nie hoekom nie!
Dis oor die 4 kante van die volk
Israel. Dis vir die 144 000 mense, wat opgedeel is in 12 000 van elk van die 12 stamme van Israel. Drie aan elke kant. Dus, 36 000 uit die
Suide, 36 000 uit die Noorde, 36 000 uit die Weste en ook 36 000 uit
die Ooste.
Elke Evangelie is 'n prototipe (die
woord wat mnr Pretorius self gebruik het), vir wat hierdie 36 000
gaan beleef. Petrus was dus 'n “prototipe” vir 12 000 mense deur
wie die Koninkryk begin gebou gaan word.
Het Petrus werklik geleef? Ja!
Het hy destyds al die sleutels ontvang
en daardeur die “kerk” begin? Ja!
Die “kerk” is NIE die “Roomse
kerk” of formele kerk wat begin was nie!! Die “kerk” was die
byeenkoms van die Gelowiges!! Dit het in die Bo-kamer begin met die
uitstorting van die Heilige Gees 10 dae na Jesus se opvaarding. Die "formele kerk" was later ja, en het voor- en nadele ingehou en was geannekseer deur die eeue en misbruik en gebruik. Maar Jesus se Kerk, is Sy Liggaam. Nie die organisasie "kerk" nie. En Petrus het die werklike Kerk begin bou in sy tyd.
En net soos daar 2 rerige tempels gebou
was, word daar 2 geestelike kerke gebou. Die eerste geestelike kerk is gebou deur
Jesus en die apostels. Petrus het die sleutel ontvang daarvoor. Die 2de gaan in ons tyd wees, wat als gaan herstel en
herbou, soos in die ou dae se "Second Temple Period". Die Petrus-groep gaan die sleutels die keer kry en die kerk bou.
Die eerste 3 evangelies gaan oor die
apostels wat gesterf het as martelare. Selfs die skrywers van die
boeke het sover ek weet, gesterf as martelare. Dit was om volke en
mense te ruil vir hul lewens. Die grootste eer, want niemand het
groter liefde as dit nie. So ek glo Petrus het wel geleef, was 'n
apostel, het die kerk help begin met die sleutels wat hy ontvang het,
en het daarna as martelaar gesterf. Heel waarskynlik soos daar oor hom
geskrywe is deur verskeie bronne. Dat hy onderste bo opgehang wou
word aan 'n kruis.
Die 4de evangelie is Johannes s'n, wat
as 'n ou man gesterf het, sover ons weet, aan natuurlike oorsake. En
dit is omdat die 4de groep van 36 000, nie gaan sterf nie. Dis hulle
van wie die Bybel praat, wat gaan oorbly, nog leef, teen die tyd dat
Jesus terug kom.
Ek hoop hierdie maak als s'n en
verduidelik hoekom die Evangelies soms so teenstrydig moes klink.
Want dit was prototipes vir verskillende groepe met verskillende
belewenisse aan die Einde van Tyd. Dit sê nie dit het nie regtig
gebeur nie! Dit het. En dit IS inderdaad Jesus se Evangelie. Eers die Kop, Jesus, en daarna die "Liggaam". Almal saam IN Jesus Christus. Dit het
destyds gebeur, en gaan weer herhaal op 'n baie, baie groter skaal wanneer
die 144000 mense die “Boodskap” tot aan die uithoeke van die
aarde gaan verkondig (uitstuur).
Ek gaan nog 'n paar voorbeelde noem,
sodat mense kan verstaan hoekom ons versigtig moet wees om iets in
die Bybel as “strooi” of “leuens” of “bedrog” af te maak.
Een van die bekendste probleme vandag, is dat mense weier om 'n God
te aanbid wat 'n hele volk wou uitwis in 'n “genocide”, die
Kanaaniete.
Baie mense verwerp God in geheel
hieroor. Ander, soos mnr Pretorius, gooi die probleemagtige
hoofstukke bloot net uit die Bybel uit as “duidelik onwaar” en
die storie van 'n “ander god”.
Nou. Die antwoord wat ek TOT DUSVER
gekry het hieroor, sal ek hier beskryf. Ek sê tot dusver, want ek is
ook gewys dat ek nog nie al die antwoorde daaroor gegee is nie. Daar
is dus nog meer daar agter. Oor hoekom dit noodsaaklik was. Maar
miskien sal dit help, dat mense kan begin verstaan.... God is nie
onmenslik of wreed nie! Hy het gewoonlik baie, baie, baie goeie redes
vir als wat Hy doen, en dis gewoonlik die beste of enigste oplossing.
Eerstens, hoekom moes die Israeliete
die land afneem van die Kanaaniete?
Omdat God 'n regverdige God is. Die
land het nooit aan die Kanaaniete behoort nie!
Dit was toegeken aan Noag se seun Shem,
en sy nageslag. Nie Ham en sy nageslag, die Kanaaniete nie. Die
Kanaaniete was dus diewe en onwettig op grond wat nooit hulle s'n was
nie. Hulle het hul eie gebiedens gekry, maar wou ander “empires”
in ander lande ook begin (klink bekend?).
God het dus in werklikheid dit net baie
eeue later terug gegee aan die werklike eienaars. Netsoos Hy belowe
het, ons sal ons Republieke eendag ook weer terugkry, wat onwettig by
ons gesteel was.
Hoekom moes die al Kanaaniete, selfs
die ou mense en babatjies, sterf? En selfs die diere en plante
uitgewis word?
Wanneer 'n man en vrou trou en
gemeenskap het, word hulle letterlik een vlees. God se Woord was
weereens nie leuens nie. Die wetenskap het vandag bewys dat die vrou
fisies die man se essensie opneem in haar liggaam en dit berg. Nie
net tydelik om dalk te gebruik vir bevrugting nie, maar permanent. Sy
neem die man se sperms en DNA op. Die sperms word na die eierstokke
gestuur, maar die DNA word binne haar eie vlees gestoor (op maniere
wat die wetenskap nog nie heeltemal verstaan nie).
Dink mooi oor die konsep. Elke man met
wie 'n vrou gemeenskap het sonder beskerming, se DNA word in haar
liggaam gestoor. Dit word deel van haar.
(Indien jy as vrou hier lees en jy was verkrag of het dom dinge aangevang, moenie bekommerd wees nie! God kan en gaan ALS vernuwe. Dis nie permanente skade vir gelowiges nie.)
Dis basies dieselfde beginsel as met
honde. Die opregte teef mag nie met 'n “onreine” reuntjie wat nie
opreg is, teel of bymekaarkom voor sy geteel word nie, want selfs as
sy daarna met 'n opregte reuntjie 'n werpsel hondjies het, is hulle
DNA nie meer perfek nie. Hulle erf by die tefie iets van die eerste
reuntjie se gene OOK! So 'n opregte teef moet slegs met 'n opregte
reuntjie teel, vir 'n opregte werpsel. Andersins, is die werpsel nie
opreg nie.
Dit het iets met die mitochondriese DNA
van die moeder te doen. 'n Kind erf 2 stelle DNA, een van sy pa en
een van sy ma. Maar hy het ook 'n “gebergde” stel DNA, genoem die
mitochondriese DNA wat hy slegs by die moeder oorerf, deurdat hy
“mitochondria selletjies” by haar erf. Hierdie is die DNA wat
groepe populasies van mekaar skei en hoe hulle kan vasstel watter
bloedlyne kom van ooreenstemmende stamvaders af, die migrasie patrone
van nasies en rasse, ens.
Mense het nie na God geluister nie
(soos gewoonlik) en nie by een man en een vrou gebly nie. So het die
kinders se DNA mettertyd verswak. Net soos opregte hondjies, was
mense nie meer opreg daarna nie. Nie meer so “righteous” en
perfek soos Adam se DNA geskape was nie. Dis een rede hoekom Jesaja sê niemand is meer regverdig (righteous) nie.
Erger nog, mense het genetiese
eienskappe van families probeer bewaar deur ondertrouery, wat nog
meer genetiese defekte veroorsaak het. Boeties en sussies het saam
kinders gehad, en deesdae weet ons dit is een van die grootste redes
vir DNA defekte! Het God se Woord nie daarteen gewaarsku nie?
Boonop het die mense toe nog 'n sonde
begaan, en VERAL die Kanaaniete was bekend hiervoor. Hulle het mekaar
begin eet! Net soos met die vrou tydens gemeenskap, het hulle
hierdeur die DNA of genetiese stukkies van mense opgeneem. Letterlik.
In hul liggame.
Die beginsel word die beste
geillustreer deur die Fore Tribe van Papua New Guinea.
Sowat 120 jaar gelede het een van hulle
'n siekte soortgelyk aan “Mad Cow Disease” gekry, waarskynlik
sporadiese Creutzfeldt–Jakob disease (CJD). Vermoedlik het die man
'n dier geëet wat dit gehad het en so self die siekte gekry in die
vroeë 20ste eeu.
Toe hierdie persoon sterf aan die
siekte (dit is 100% fataal!) het sy Tribe hom geëet, soos hulle
gewoonte was. Hulle het geglo dis al hoe hulle die geeste kon
“vrylaat” en die persoon kon “eer”. Hierdeur het hulle almal
die defekte proteine (prions) opgeneem wat die man se dood veroorsaak
het. Dit het toe in hul eie liggame gaan lê. En so het die Tribe se
mense een na die ander 'n tipe “Mad Cow Disease” ontwikkel,
genaamd Kuru. Veral kinders, omdat kinders as suiwer gesien was, en
dus die brein gegee is om te eet, om die gees "vry te laat". Maar die meeste van die prions was juis in die brein.
Soos elkeen sterf, is hulle weer deur
die Tribe geëet en is die gene net weer oorgedra aan die volgende
geslag. Tot die Australiers die Tribe ontdek het middel van die 20ste
eeu, diep in die berge. Na dekades se baklei en oorreeding en mediese
hulp en smeking, is die praktyk van kannibalisme uiteindelik stop
gesit einde van die 20ste eeu.
Die laaste van die aangetastes het
onlangs gesterf. Toe ontdek die mediese wetenskap 'n wonderbaarlike
ding. Die Fore tribe het nou 'n geen ontwikkel wat hulle die enigste
groep mense op aarde maak wat “resistant” is teen hierdie tipe
siektes! Dis 100% dodelik vir alle ander mense. Maar die Fore tribe
is nou amper immuun. Die enigste mense op aarde wat 'n “mad cow”
kan eet en waarskynlik nie die siekte sal ontwikkel nie.
So dit wat mense eet, het dus deur die
dekades, in slegs 100 jaar, 'n permanente effek gehad op die gene van
hul nageslag! Laat dit insink.
So rondom 1900 is die eerste persoon
met die siekte geeet. En in 2009 het die laaste een van die kannibale
gesterf. En in 2015 het hulle ontdek die nageslag van hierdie mense se DNA het letterlik verander as gevolg van die eet van hierdie
een persoon 115 jaar tevore!
Dis hoekom God gewaarsku het teen
kannibalisme en sulke praktyke!!
Netso het die Kanaaniete destyds toe
ook vreeslike siektes en veranderinge in hul DNA so aan mekaar
oorgedra deur die eeue wat hulle in daardie area gebly het. En dit
het so erg geword, dat God gesê het, wis als uit. Want selfs die
diere en natuurlewe om hulle was teen daardie tyd beinvloed. Die
diere was aangetas, want die Kanaaniete het omgang met diere ook
beoefen. En die diere het dit weer aan die plante oorgedra deur hul
ontlasting, merk van territoriale gebiede en ander lewensprosesse.
Dit was bykans in die kleine, 'n area wat weer presies dieselfde
opgeëindig het, as die tyd reg voor die vloed. Toe God gesê het Hy
moet die aarde self skoon was van al die sonde, so erg was dit. Sonde
het werklike, fisiese oorsake op mense en diere se liggame, asook die
natuur.
Ek kan my net indink met hoeveel pyn en
probleme die Kanaanietiese kindertjies gebore was. Hoe swaar hulle
lewens moes wees sonder hospitale en dokters en hulp. Sonder pyn
medikasies en operasies. Watter verskriklike lewens het die
Kanaaniete en hul kinders en diere nie begin ly nie? En God het
geweet.... dit gaan net erger word, want hulle het geweier om die
sondes te stop.
Was Hy dus bloeddorstig toe Hy
uiteindelik gevra het dat die Kanaanietiese gene uitgewis moes word?
Of genadig omdat Hy die gene wou laat uitsterf en keer dat
kindertjies met soveel genetiese gebrekke in daardie dae gebore word?
Mense dink dis 'n goeie ding dat daar
genetiese manipulasie kan plaasvind voor geboorte. Onvrugbare ouers
word gehelp daardeur om kinders te kan hê. Kindertjies kan nou selfs
“ontwerp” word om “perfek” gebore te word. Of die geslag kan
“gekies” word.
Maar toe God dit gedoen het op die kru
manier wat destyds vir mense beskikbaar was, dink mense Hy was
wreedaardig en bloeddorstig! Nee. Hy het die mense vir hul sonde
gestraf soos voor die vloed, die land gered deur dit te reining, en
die nageslag se DNA probeer bewaar van hierdie aaklighede. Soos
Tutenkamen wat maar 18 geword het, al sy babatjies voor of na
geboorte verloor het, en self op 18 gesterf het, agv die Egiptenare
se ondertrouery. Is dit wat die mensdom eerder sou wou sien vir al
die Kanaaniete?
So beteken dit YHWH was 'n
bloeddorstige God en eintlik Marduk soos mnr. Pretorius glo?
Nee. Dit beteken slegs dat ons verstaan
net nie altyd HOEKOM God soms iets drasties moes doen om die mensdom
te help nie. Netsoos met die vloed. Hy het die verval van die gene 'n
groot hou toegedien daardeur. Sodat die verval stadiger sou gebeur.
Hy het Noag en sy seuns gered, maar alle ander gene vernietig. En ek
kan net dink, dis omdat dit in dieselfde toestand of erger was as die
Kanaanietiese gene.
Tot Jesus gekom het, waarna dit nie
meer saak gemaak het wat ons inneem by ons monde nie. Want Sy
genetiese blueprint kon van toe af deur die vernuwing van die Gees,
deursypel na ons liggame se DNA toe. Veral as ons Sy raad volg, en
OPhou sonde doen!
Net soos iemand se liggaam 'n effek op
die Gees het, het die Gees 'n effek op die liggaam. As ons glo, kan
Jesus Sy Bloed gebruik om ons letterlik te “bedek”. En na die
Opstanding, sal ons dan met Sy “blueprint” opstaan, vernuwe deur
Sy Gees. Makie saak wat ons geëet of gedoen het aan ons liggame in
ons leeftyd nie. Want vir God is als moontlik. Ons moet Hom net tyd
gee om Sy Planne te voltrek.
Netso het God redes, waarop ek nie nou
te veel wil ingaan nie, want dit raak te lank, met hoekom Hy diere
offerandes in die begin wou hê. Dit het die mense voor Jesus gekom
het, se gees, se DNA begin verander. Begin suiwer na die vloed en als
wat na dit nog aan die gang was.
Ongelukkig het die Israeliete egter SO
baie gesondig, dat hordes en hordes diere net heeltyd geslag moes
word! Om as offerandes vir al die sondes te dien!
Tot God selfs later moedeloos verklaar
het hoe MOEG Hy is vir al die diere offerandes! Dis net te veel en te
erg gewees! Nie omdat dit Marduk se verhaal was in die Bybel soos mnr
Pretorius dink nie.
Selfs God kan moedeloos word met mense
se sondes en die alewige bloed verspilling wat dan nodig was! En dis
hoekom Hy gaan toelaat dat Sy Kinders doodgemaak word aan die Einde
van Tyd, want daardeur kan Hy ander volke en mense red. Maar dan kom
Hy met groot woede terug om die wat die bloed verspil het, te straf.
Volgende bespreek ek 'n paar aanhalings wat mnr Pretorius gemaak het, hier.