Thursday, June 24, 2021

Hoekom die voorvader “gode” en mitologiese gode stories? Noag se vloed, reuse en supermagte.

 
Ek het besluit om hierdie stukkie in te sluit, sodat mense dalk beter kan verstaan hoe dinge moontlik kon verloop het. Waar al die “gode” aanbidding ingekom het.
Eerstens.... hierdie stukkie is my afleidings, aannames en opinies, dus nie noodwendig die waarheid nie. Dis meer 'n storie, 'n moontlikheid, oor die dae voor die Vloed.

Ek glo dat die aarde wat tans getilt is, tydens Adam se tyd op aarde nie getilt was nie. Die aarde was ook kleiner, minder water, meer 'n soliede aarde soos die Pangea teorie aandui.

Die atmosfeer rondom die aarde was dik, meer solied, ondeurdringbaar. Dit het die aarde amper soos 'n “kweekhuis” gemaak. Waar als oorlaai was met warmte, hitte en suurstof. Drukkend. Dit het gelei tot liggame wat baie, baie groter was, as gevolg van die hoër suurstofinhoud rondom hulle, en die geweldige "druk". Longe was massief, ens. Mens en dier was groot. Baie groter as vandag. Aanduidings is selfs dat die heel eerste paar geslagte van mense dalk selfs so groot soos berge was. Later was hul heelwat kleiner, maar dit het nie oornag gebeur nie!

Dink net as daar 'n geslag was wat so groot soos berge was. Die volgende geslag was so groot soos klein berge en later slegs heuwels. Die volgende geslag so groot soos torings. Die volgende geslag so groot soos verdieping-huise. Dan 'n geslag so hoog soos huise. En 'n geslag van 3m, dan 2m. Wie sal die “gode” wees en wie sal die “plebs” wees? Wie sal die sterkste wees? Wie sal wie vrees en als doen om net nie so 'n massiewe persoon kwaad te maak nie?

Hierdie kweekhuis-effek het mense ook gesond gehou in die begin, en aan hulle baie, baie lang lewens gegee. Daarom dat ons praat van “so oud soos die berge”. Dis die oudstes op aarde. En ook die dat hulle tot amper 'n duisend jaar oud geword het!

So dink net as daar absoluut massiewe mense was wat die langste geleef het. En baie kleiner mense, wat slegs 'n paar honderd jaar geleef het. Almal gelyktydig op dieselfde aarde vir 1500 jaar lank. Sou die wat so groot soos “berge” en “heuwels” was begrawe geword het? Of het hulle maar net bly lê waar hulle geval het? Soos in hierdie video. Die Youtube kanaal "Mudfossil University" is ook geweldig interessant. 

Natuurlik is van dit ge”fotoshop”. Maar dis werklik dat daar berge in die vorms van mense orals oor die aarde is. Dat reuse se beendere ontdek is. Dat dinosourus beendere werklik bestaan. ALS was groter. Die mense, die diere en die plante en bome! 

Vir die wat wonder.... die mudfossil university professor toon aan hoe "dating" beinvloed kan word indien die fossiel baie skielik onder sekere omstandighede deur modderwater oorval en versteen was. So die wetenskap van "dating", om te bepaal hoe oud dinosourus beendere is, is heel waarskynik nie akkuraat genoeg nie.

So mense en diere van ontsettende groottes het waarskynlik saam op die aarde gewoon, in die tyd van Adam. Maar toe het als verander. Dit het dalk al na die val van Adam en Eva begin. Miskien was dit 'n tydelike agteruitgang wat baie, baie stadig begin het, en spoed opgetel het na Adam se dood. Volgens aanduidings was die 500 jare van Noag se geboorte af vol sonde en teëspoed vir die mensdom.

Ek glo die aarde het begin tilt en die atmosfeer het verdun.

Dit het egter tyd geneem vir die kweekhuiseffekte om te verminder. Miskien het dit begin in Adam se dae, of dalk 'n paar geslagte later, en die volle laaste dramatiese effekte tydens die Vloed se tyd.

Atmosferiese gasse het uit die dik laag om die aarde begin ontsnap, verdunning het plaasgevind, en skadelike sonstrale het begin deursyfer. Kankers en siektes en ander probleme het begin opduik. Terselfdertyd is mense se gene met hul bloedskandelike gedrag en kannibalistiese gewoontes verswak en defekte en probleme het opgeduik.

Voila! Mense leef toe nie meer 'n duisend jaar nie!

Eers het dit waarskynlik stadig verminder. 900 jaar, 800 jaar, 777 jaar soos Lamech. So voor die vloed, was mense soos “gode”. Hulle het so lank geleef, hulle was as “immortal” gesien. Maar rondom hulle, geslagte wat na hulle gekom het, is mense gebore wat korter geleef het, en dus as “mindere wesens” dalk gesien was. So mense wat 900 jaar oud was, het geleef saam met mense wat as 700-jariges gesterf het. Die oudstes was waarskynlik as die “immortals” gesien.

Toe gebeur die groot Vloed, water het ingestroom, opgedruk van onder af, die tektoniese plate het uitmekaar gebeek, ens. Hierdie proses het tot met die geboorte van Peleg nog aangehou gebeur (sowat 200 jaar na die Vloed). Groot veranderinge op die aarde self. Dalk het dit die tilt vinniger, erger gemaak. Dalk het skielik nog meer atmosfeer ontsnap rondom die aarde. En skielik leef die “gode” toe nie meer so lank nie!

Party sterf toe rondom 500 jaar al! Na die vloed. Dis maar 'n halwe leeftyd. En die kinders was dalk verstom en vra... wat gaan aan?

Toe sterf mense rondom 400 jaar, en die kinders raak dalk paniekerig en probeer dit keer. Hoe? Deur die presiese praktyke wat tot die probleme gelei het! Bloedskande. Kom ons “bewaar die bloedlyne” (van die oudstes).

En die maniese pogings van mense om langer te bly leef, begin....

Tog het dit nie gehelp nie, mense het toe slegs 200 jaar of minder geleef. Daarna, rondom die tyd van Josef in Egipte, slegs 110 jaar. En vandag is ons af na 70-80 jaar, as ons “gelukkig” is. Nes die Bybel sê.

In die begin glo ek, het die wat 500 jaar geleef het na die vloed, dus weer uitgestaan as die “immortals”. Die “titans” van ouds. So party het lank genoeg geleef om te sien hoe stede gebou en vernietig word, agterkleinkinders sterf, lande se grense verander, vulkane uitbars en weer slaap, woude opskiet en vergaan, nasies sien vorm en verdwyn, ens.

Dis moeilik vir ons om ons dit in te dink. Maar verbeel jou daar is mense wat 370 jaar terug gebore was toe Jan van Riebeeck geland het en tot vandag toe nog leef. Wat ALS beleef het in die hele leeftyd van die Afrikaner-nasie. Sal van ons mense vandag nie dink hulle is “immortal”, of onsterflik nie? Sou hulle nie baie maklik as “gode” aangesien en aanbid word nie? Dis darem 'n verskriklike lang tyd om te leef. En dis maar helfte of 'n derde van die mense voor die vloed se tyd!

Miskien het sulke mense van een area na 'n ander getrek en nuwe stede gebou. Hulle was selfs dalk fisies nog baie groter as die wat na hulle gebore is. Soos die atmosferiese gasse aanhou ontsnap rondom die aarde, verdwyn die kweekhuis effek al meer, en elke geslag word dalk effe kleiner as die vorige gebore. 

Dus kon hulle mense met vrees beheer om die werk vir hulle te doen. Hulle het dalk in een land bekend gestaan onder een naam, en na 50 jaar was hul verveeld en het na 'n ander land of area getrek, 'n nuwe stad gebou en onder 'n nuwe naam bekend gestaan. Wat maak mens as jy 300 of 400 jaar het om te leef, en daar is nie internet nie?! ;-)

Atmosferiese druk is tans baie, baie laag. Groot gate is in die osoonlaag. Sonstrale is dodelik en gevaarlik. Kankers en siektes en defekte volop. Want mense het hul lewens probeer behou. Presies waarteen Jesus gewaarsku het. Die wat hul lewens gaan probeer behou (langer leef, “immortal” wees) gaan sterf.

Soos gewoonlik, was Jesus se waarskuwings nie omdat Hy 'n oordeel uitspreek nie, maar omdat ons pogings in onkunde plaasvind en tot die verkeerde uitkomste lei! Hy het die “groter prentjie”, as ons Hom net glo en volg, sal als die beste vir ons uitwerk.

'n Laaste punt. Onthou! Hierdie is net “aannames” en ek het geen bewyse vir hierdie deel nie.

Ek dink daar was nog iets wat gebeur het voor die vloed. Mense het “superpowers” gehad. Ek dink, party kinders is gebore met 'n 6de sintuig, of vermoë. Party kon telepaties praat. Ander kon telekinese beoefen. Ander was empaties of profeties of psigies. Ander kon teleporteer. Ens. Dis waarom al hierdie “stories” al vir 5000+ jaar “persist”. Dis MY raaiskoot. Dat sulke talente werklik bestaan het, en dit veral in families voorgekom het. En dat dit nogsteeds in ons DNA lê, die vermoë tot “supermagte” of bonatuurlike magte. Dat die Elite van die wêreld baie hard probeer het die afgelope 50 jaar om hierdie magte in hul bloedlyne te ontdek, te versterk, te “trigger” of aan te skakel.

En net soos vandag se elite, het die mense voor die vloed hierdie “supermagte” probeer behou en versterk in sekere bloedlyne. Byvoorbeeld deurdat 'n telepaat met 'n telepaat getrou het, want dan is die kans goed gewees vir 'n kind met dieselfde telepatiese magte. Netso al die ander moontlike magte en talente.

Die nadeel is, hulle het toe later die “familie-kenmerke” probeer behou, deur boeties en sussies met mekaar te laat trou. Nie net vir langer lewens nie, maar om die “bloedlyn” suiwer te hou, en die magte en talente te konsertreer. Later was daar dalk families wat kinders gehad het met meer as een talent, of al die talente, of genoeg om uit te staan as 'n “magtige” familie.

Ongelukkig het hierdie ondertrouery soos reeds genoem, waarskynlik ook tot liggaamsdefekte gelei. Teen die tyd van Tutenkamen onder die Egiptiese faraos, kon hy en sy sussie amper glad nie meer kinders hê nie, net die een miskraam na die ander, en hyself het geboorte defekte gehad en is as jong man toe ook dood.

So dit konsentreer die “talente”, maar ook die “defekte”. En in plaas van tot langer lewens lei, lei dit mettertyd slegs tot korter lewens vir die uiteindelike nageslagte.

In die begin, kort na die vloed, toe die mense nog so 400-500 jaar geleef het, het van hierdie mense dalk nog van hierdie “supermagte” gehad. Van hulle kon dalk nog steeds baie sterk wees soos Hercules, of “immortal” voorkom, of weerlig beheer soos Zeus, of psigies wees of selfs teleporteer. Ons weet nie.

Maar dit kan dalk die stories, die mitologie, die afgodery van daardie tye verduidelik. Want die met die meeste mag en talente en wat die langste leef, sou wel soos “gode” aan die ander kon voorkom. Aanbid mense nie maar vandag die met die mooiste gesigte en stemme in Hollywood nie? Die met die talente is “sterre” of “gode”. 

Dink net hoe ons sou voel oor iemand wat fisies dubbel ons grootte is, en dubbel of trippel die ouderdom van die oudstes in ons stad is, en boonop kan hy teleporteer! Natuurlik sal mense hulle as “gode” beskou het. Veral as hulle boonop dalk selfs mooi was, soos dit blyk van die “godinne” veral was.

Wanneer die “aliens” kom, glo ek, gaan hulle en sommige van hul aanhangers, ook hierdie “supermagte” hê. Omdat van hulle bloedlyne het dit in die geheim gekweek en bevorder met genetiese manipulasie en die “aanskakel” en “afskakel” van sekere gene. Hulle gaan mooi en magtig wees. En hulle gaan die mensdom mislei, en dalk selfs “beloon” met dieselfde moontlikhede. So mense gaan dalk in toue staan om sulke “supermagte” te kry, dink ek. Of te kyk of dit in hulle DNA ook is. Deur een of ander “middel” te neem. Maar wat gaan die prys wees wat jy daarvoor gaan moet betaal? Om soos die “elohym” te wees? Is dit nie wat Satan vir Eva belowe het nie? Sy sal soos die “Elohym” wees....

Wees dus gewaarsku. Wees op jul hoede. Ons weet nie wat voor die vloed gebeur het nie. Ons weet nie wat oor die aarde gaan kom nie. Ons weet nie wie of wat die reuse was nie. Ons weet nie wie of wat Satan se Engele is nie. Ons weet nie wie of wat die “aliens” presies gaan wees, doen of sê nie. Maar die Bybel waarsku ons dat selfs die uitverkorenes sou mislei kon word! AL hoe jy dit gaan kan verhoed, is deur die Waarheid lief te hê. En die Waarheid is die Woord, Jesus Christus. Dan sal Hy jou deur al die misleiding lei tot aan die ander kant. Veilig in Sy Koninkryk in. Niemand gaan sonder die Seun in die Koninkryk ingaan nie.


Volgende: gou net 'n opsomming.

Wednesday, June 23, 2021

Ter opsomming oor die Aliens, Nibiru en Annunaki.

 
Gaan daar “aliens” op die aarde kom “land”?
Ja, ek glo so.

Gaan die aliens met “UFO's” of ruimte tipe skepe kom?
Ja, ek glo so.

Kom hulle uit die ruimte?
Ek weet eerlik waar nie.

Die Duitsers het al “UFO's” ontwerp en gebruik kort na die 2de wereld oorlog. So of dit “mens gemaak” gaan wees, weet ek nie. Dalk beide, raai ek. Mensgemaakte, en buiteruimtelike, en selfs “holograms” tussendeur. Die lug gaan blykbaar gevul wees met die “ruimteskepe” om genoegsame vrees te skep. Ons sal moet sien wat word waar. Maar dat dit 'n lokval is, daarvan is ek seker!

Is die “aliens” goed of sleg, of hul bedoelings?
Een groep gaan kom as die “baddies”, die ander groep dink ek, as die “goeie's”. Die tipiese Good Cop/Bad Cop scenario. Die wat mense “eet” en die “intergalactic federasion” wat mense kom “help” teen die “draco”.

Die volgende is wat hierdie mense glo, NIE WAT EK GLO OF AANHANG NIE:
Daar is 'n GROOT New Ager groep wat wag vir hierdie “aliens”, wat weet hulle gaan “kom”. Hulle kry hulle inligting deur Astral Plane Walking (kontak met die geeste) en deur as mediums boodskappe te “channel”. Hierdie mense glo dat een groep aliens, vanaf “Draco”, die mensdom in 'n tipe “black hole” gevangene hou en 'n “matrix” om hulle gespin het. Die “Galactic Federation” of so iets, met die “Paleidians” aan die stuur dink ek, gaan die mensdom blykbaar kom help om van hierdie “Draco” en hul afstammelinge op aarde, die Reptilians, ontslae te raak. Dis nou die pedofiele en ander “reptillian” nasate van die Draco groep wat aan die stuur van die wereld is. Die “elite”. Of die “bad” helfte. Die “donker” kant.

Hierdie is dus maar soortgelyk aan wat mnr Pretorius glo en vertel. In sy weergawe is die Annunaki die "goeie" ruimtewesens wat die bloedlyn van Marduk (draco) kom vernietig op aarde. En die "slegte" ruimtewesens wat die mensdom "gevangene" gehou het vir millenia.

Na die “Great Awakening” (of bewusmaking) gaan die “goeie aliens” die mensdom blykbaar help om te “ascend” na die 5de dimensie. Die mense wat nie kans sien nie, gaan teruggeplaas word in 'n “vroeëre tyd” omdat hulle nog “groei” nodig het. Dis 'n eufimisme om te sê hulle gaan doodgemaak word.

Want blykbaar hou hulle die mensdom “terug”, omdat hulle nog nie so “gevorderd” is om verlig te word nie. Hulle het nog nie “Christus” in hulself ontdek nie. So hulle sal op hul tyd blykbaar “groei as siele” in 'n “ouer tydperk”. Dis nou omdat die aliens ons gaan vertel dat mense leef herhaaldelik, sien? Soos die Hindu's glo.
 Reinkarnasie. So dit makie saak as jy iemand doodmaak nie, hy kry volgens hulle maar net weer “'n kans”. Anders as Christene wat glo jy't een kans, een leeftyd, daarna die Oordeel.

Christene gaan dus protesteer teen hierdie “aliens” se leuens dat hulle mense se skeppers is, en verkondig dat Jesus nog gaan terugkeer na die aarde toe. En dan gaan Christene doodgemaak word omdat hulle kamtig die “mensdom terug hou” deur hul “argaiese geloof in die Bybel”. Oor hulle mos nie die “waarheid” wil raaksien nie. Satan se waarheid...oor watter wonderlike wesens hierdie hulpvaardige “aliens” is nie, en hoe hulle net die beste vir die mensdom wil hê.

Gaan daar dus ook 'n “Nibiru” planeet of dalk asteroiede naby of verby die aarde kom?
Ja, ek dink so. Beide “mensgemaak” met hul Blue Beam hologram tegnologie (kyk bietjie video's daaroor op Youtube! Dis verstommend!). Maar ook later rerig. Maar dis net my opinie. Weereens sal ons maar moet sien. Die Bybel stel dit duidelik dat daar tekens in die hemele gaan wees aan die son, maan en sterre, en dat die hemelkragte ontwrig gaan word. Asook dat die “sterre” gaan val. 'n Ander planeet, of asteroiede(s) en meteoriete sal wel al hierdie dinge kan veroorsaak op die aarde, asook die ontwrigtende kragte vanaf die son en maan.

Is die Annunaki ons “skeppers” deur kloning?
Nee! Ek glo God is ons enigste Skepper, maar baie van ons het dalk “Anu” en “Ki” se bloed wat vloei deur ons are, ek weet nie. Daar was al soveel vermenging. So ons het dalk wel 'n bietjie van hulle “essence” soos hulle tablette dit stel, in sommige van ons, ongelukkig. En dit gaan dalk deur DNA bewys kan word. Hulle gaan dalk selfs eis dat sekere bloedlyne soos “Marduk” of “Draco” s'n, totaal en al uitgewis moet word, as “satanskinders”. So as ons per ongeluk van hulle bloed in ons het, gaan niemand omgee of ons die leuens en feëverhale glo nie! As die toetse wys jy's 'n “satanskind” van Draco se lyn, wel, galg toe met jou. En as jy die “mensdom” terug hou met jou “leuens” oor Jesus se Wederkoms en Oordeel, ook galg toe met jou!

Beteken dit ons siele is verlore as ons voorouers vermeng het met hierdie bloedlyne en ons dalk van die gene bevat waarvoor hulle gaan soek? Nee!!! Jesus se Bloed kan als bedek en enige iemand red en vernuwe. Makie saak wie jou ouers was nie, solank jy in Jesus Christus glo, kan en sal jy gered word en die Ewige Lewe verkry saam met Hom. Dis 'n Eer om vir Hom te sterf, en daardeur is jy klaar verseker van jou Ewige Lewe, volgens Openbaring.

Gaan die Annunaki/aliens “bewyse” saambring?
Ja! En dis hoekom selfs die uitverkorenes van God mislei sou kon word, en hoekom ons so hiper-versigtig moet wees. En waarom dit ontsettend belangrik is om SLEGS die Bybel eerstens en in sy geheel en al te glo en te vertrou, en als daaraan te meet.

Wat gaan die “aliens” nog doen wat ons “agter hulle sal laat aanloop”? 
Hierdie is sover ek weet, 'n moontlike lysie:
  • Genesings en nuwe “kure” vir siektes en DNA defekte (soos kankers bv.).
  • Energie-oplossings vir die lande en nasies (baie mense noem dit “free energy”).
  • Oplossings vir vrede en samewerking en ooreenkomste.
  • Nuwe tegnologie soos om die “nukes” wat in die komende 3de oorlog gaan val, se “radiasie” skoon te maak, effekte van bio-oorlogsvoering om te keer, ens.
  • Tegnologie om water te suiwer.
  • Oplossings vir wêreld honger.
  • Afskryf van skuld aangegaan, gedruk deur die "evil elite", die "evil reptillian nasate", soos studentelenings.
  • Terugbetalings vir geld "gesteel" deur die "money-hunger" elite en bankiere.
  • Laer belastings of geen belastings, ens.

So pasop! Moenie TE dankbaar raak vir al die “wonders” en “tekens” wat hulle gaan doen nie! Glo die Bybel, dis al hoe ons gaan oorkom.

Ek verskil dus nie “soveel” van mnr Pretorius se kennis oor “aliens” en “Nibiru” nie. Ek is net meer “oop” vir hoe dit gaan uitspeel. En ek stem natuurlik glad nie saam met hom dat die “Annunaki” of “Aliens” die mensdom geskep het deur kloning nie, of dat hul ons “gode” is, of dat hulle enigsins iets goeds vir die mensdom beplan nie. Slegs die Vader is goed.

En ek glo definitief ook nie dat hulle ons “Redders” is nie, of dat die “Messias” van Nibiru af kom nie. Nog minder dat God die Vader saam met hulle gaan kom nie!! Inteendeel! Ek glo ook nie die hele “goud vir hulle planeet” storie nie. En ek glo ook nie ek leef hier op aarde om hulle te dien nie. Ek is op aarde geplaas deur die Skepper van die Hemel en die Aarde, om HOM te dien en niemand en niks anders nie.

Goed, dit is al wat ek oor Nibiru, Annunaki en Aliens vir nou wil sê. Volgende bietjie meer oor geloof en YHWH.

Tuesday, June 22, 2021

Geloof in die Bybel, en meer oor YHWH

 
Mnr Pretorius vra die volgende vraag (en antwoord dit dan). Ek sal graag ook my opinie hieroor wil gee aan my lesers.

(c) Wat van die Bybel (Nuwe Testament) is dan waar en eg?”

Ek gaan nie alles wat mnr Pretorius antwoord, hier in trek nie. Ek sal net 'n vinnige opsomming van party van sy punte maak, sodat die wat nie die artikel volledig gelees het nie, kan weet waarvan ek praat.

Hy noem die volgende, en ek parafraseer, so ek hoop ek het reg verstaan met wat hy bedoel en gesê het. Indien nie, vra ek verskoning.

  • Hy beskou baie dinge in en rondom die Bybel as bedrog.
  • Hy beweer Nasaret die dorpie, het nog nie bestaan in Jesus se tyd nie.
  • Hy beweer die maagdelike geboorte was 'n leuen.
  • Hy glo Jesus was in die herberg gebore, nie in 'n stal nie.
  • Hy glo hoe Lasarus se opwekking uit die dood beskryf word in die Bybel, is onwaar, dat Lasarus nie al geruik het nie en hy en Jesus het 'n gesprek gevoer terwyl Lasarus nog in die grafkamer was en Jesus buite was.
  • Hy glo dis leuens dat twee rowers/moordenaars aan weerskante van Jesus gekruisig is.
  • Hy glo nie Petrus het die “sleutels van die Koninkryk” ontvang nie, en dus nie die “kerk” begin nie. Hy glo die “kerk” is eers 250 jaar later gestig.
  • Hy glo die Evangelie is nie werklik die Evangelie van Jesus Christus nie, maar eerder die “Evangelie van Paulus”.
  • Hy glo Paulus, of sy naam, was verantwoordelik vir die grootste deel van die gelowiges se “probleem” oor die eeue.
  • Hy glo dat een van Paulus se grootste afwykings was dat hy “Jesus se aandrang op gehoorsaamheid aan die Wet verander en verliberaliseer het na die sogenaamde Verbond van die Genade”.

Die laaste punt, veral die minagtende woorde: "sogenaamde Verbond van die Genade", laat my onwillekeurig aan Hebreers 10 dink:

29 Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het?

'n Mens kan net sidder.

So nou wil ek graag ook die vraag antwoord, en dan my antwoord verduidelik.

(c) Wat van die Bybel (Nuwe Testament) is dan waar en eg?”

ALS.

Dit is waar geloof inkom. Die wat glo, en die wat nie werklik glo nie. Die wat glo, glo dat God redes gehad het, vir sekere dinge wat vir ons moeilik verstaanbaar of selfs onverskoonbaar in ons oë is, in die Bybel. Of teenstrydighede waarop verskillende doktrines of selfs kerkgroepe dan later ontstaan.

Die wat glo, glo dis waar en eg en van God af, maar dat ons net (nog nie) als verstaan nie.

Kom ek gee 'n BAIE eenvoudige verduideliking.

In Jesaia 43 staan:
4 Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.

As kind is ons geleer dit het oor Jesus gegaan, maar ook oor Sy Volgelinge (as Sy Liggaam, wat Hom volg). Dan het ons dit gelees as: “God gaan nasies in ruil vir ons lewens” gee. En elke keer het ek teruggedeins en gesê nee dankie, ek wil nie hê mense of nasies moet sterf vir my om te kan lewe nie!

Meeste mense, sekerlik nie almal nie, sou dit so lees: God “offer” mense en nasies op, in ruil vir 'n Kind van Hom. Maar dis nie wat bedoel was daarmee nie!

Dis ONS wat sterf. Sodat nasies gered kan word. Mense gered kan word. God offer Sy Kind(ers) se lewens op aarde op, om nasies of ander mense mee te red. Jesus se dood het die nasies gered. Ons dood kan dalk iemand red wat sien hoe ons tot die einde aanhou glo en daardeur mense inspireer om meer van Jesus te leer en so tot die geloof te kom.

So omdat God ons kosbaar ag, eer Hy ons deur dit toe laat. Want daar is 'n geheim aan verbonde, as jy sterf as 'n “diens” aan Hom. Soos Jesus gesê het. Niemand het groter liefde as dit... dat hy sy lewe vir sy vriende gee. En ook dat liefde 'n magdom sonde bedek! Daarom is sulke martelaars dan ook verseker van 'n plekkie in Sy Koninkryk.

My punt illustreer dat ons 'n versie op een manier kan lees.... volke gaan sterf.
Wanneer dit presies die teenoorgestelde beteken. Volke gaan gered word!

Ons kan 'n versie dus totaal en al verkeerd verstaan, of interpreteer. Dit beteken NIE die versie is verkeerd of hoort nie in die Bybel of is bedrog nie. So wanneer ons iets teëkom in die Bybel wat ons laat wonder.... dan moet ons GLO. Glo dat God 'n rede gehad het. Glo dat God se planne goed is. En glo dat God nie jok nie, ons verstaan net nie wat dit presies beteken nie! En Hy sal wel mettertyd als openbaar maak. Maar ons gaan baie, baie geduldig moet wees. Daarom.... ons glo wat ons nie kan sien nie, ons hoop op wat nog kom. Maar verloor nie vertroue in God of Sy Woord nie! En laat ons nie so maklik mislei deur goddelose mense se idees en denke en woorde nie!

Baie van mnr Pretorius se probleme met die Evangelie en die Bybel is presies dieselfde probleem! Hy besef werklik net nie wat dit als beteken nie. 
Byvoorbeeld die feit dat daar 4 Evangelies is. Hy weet nie hoekom nie!

Dis oor die 4 kante van die volk Israel. Dis vir die 144 000 mense, wat opgedeel is in 12 000 van elk van die 12 stamme van Israel. Drie aan elke kant. Dus, 36 000 uit die Suide, 36 000 uit die Noorde, 36 000 uit die Weste en ook 36 000 uit die Ooste.

Elke Evangelie is 'n prototipe (die woord wat mnr Pretorius self gebruik het), vir wat hierdie 36 000 gaan beleef. Petrus was dus 'n “prototipe” vir 12 000 mense deur wie die Koninkryk begin gebou gaan word.

Het Petrus werklik geleef? Ja!

Het hy destyds al die sleutels ontvang en daardeur die “kerk” begin? Ja!

Die “kerk” is NIE die “Roomse kerk” of formele kerk wat begin was nie!! Die “kerk” was die byeenkoms van die Gelowiges!! Dit het in die Bo-kamer begin met die uitstorting van die Heilige Gees 10 dae na Jesus se opvaarding. Die "formele kerk" was later ja, en het voor- en nadele ingehou en was geannekseer deur die eeue en misbruik en gebruik. Maar Jesus se Kerk, is Sy Liggaam. Nie die organisasie "kerk" nie. En Petrus het die werklike Kerk begin bou in sy tyd.

En net soos daar 2 rerige tempels gebou was, word daar 2 geestelike kerke gebou. Die eerste geestelike kerk is gebou deur Jesus en die apostels. Petrus het die sleutel ontvang daarvoor. Die 2de gaan in ons tyd wees, wat als gaan herstel en herbou, soos in die ou dae se "Second Temple Period". Die Petrus-groep gaan die sleutels die keer kry en die kerk bou.

Die eerste 3 evangelies gaan oor die apostels wat gesterf het as martelare. Selfs die skrywers van die boeke het sover ek weet, gesterf as martelare. Dit was om volke en mense te ruil vir hul lewens. Die grootste eer, want niemand het groter liefde as dit nie. So ek glo Petrus het wel geleef, was 'n apostel, het die kerk help begin met die sleutels wat hy ontvang het, en het daarna as martelaar gesterf. Heel waarskynlik soos daar oor hom geskrywe is deur verskeie bronne. Dat hy onderste bo opgehang wou word aan 'n kruis.

Die 4de evangelie is Johannes s'n, wat as 'n ou man gesterf het, sover ons weet, aan natuurlike oorsake. En dit is omdat die 4de groep van 36 000, nie gaan sterf nie. Dis hulle van wie die Bybel praat, wat gaan oorbly, nog leef, teen die tyd dat Jesus terug kom.

Ek hoop hierdie maak als s'n en verduidelik hoekom die Evangelies soms so teenstrydig moes klink. Want dit was prototipes vir verskillende groepe met verskillende belewenisse aan die Einde van Tyd. Dit sê nie dit het nie regtig gebeur nie! Dit het. En dit IS inderdaad Jesus se Evangelie. Eers die Kop, Jesus, en daarna die "Liggaam". Almal saam IN Jesus Christus. Dit het destyds gebeur, en gaan weer herhaal op 'n baie, baie groter skaal wanneer die 144000 mense die “Boodskap” tot aan die uithoeke van die aarde gaan verkondig (uitstuur).

Ek gaan nog 'n paar voorbeelde noem, sodat mense kan verstaan hoekom ons versigtig moet wees om iets in die Bybel as “strooi” of “leuens” of “bedrog” af te maak. Een van die bekendste probleme vandag, is dat mense weier om 'n God te aanbid wat 'n hele volk wou uitwis in 'n “genocide”, die Kanaaniete.

Baie mense verwerp God in geheel hieroor. Ander, soos mnr Pretorius, gooi die probleemagtige hoofstukke bloot net uit die Bybel uit as “duidelik onwaar” en die storie van 'n “ander god”.

Nou. Die antwoord wat ek TOT DUSVER gekry het hieroor, sal ek hier beskryf. Ek sê tot dusver, want ek is ook gewys dat ek nog nie al die antwoorde daaroor gegee is nie. Daar is dus nog meer daar agter. Oor hoekom dit noodsaaklik was. Maar miskien sal dit help, dat mense kan begin verstaan.... God is nie onmenslik of wreed nie! Hy het gewoonlik baie, baie, baie goeie redes vir als wat Hy doen, en dis gewoonlik die beste of enigste oplossing.

Eerstens, hoekom moes die Israeliete die land afneem van die Kanaaniete?

Omdat God 'n regverdige God is. Die land het nooit aan die Kanaaniete behoort nie!

Dit was toegeken aan Noag se seun Shem, en sy nageslag. Nie Ham en sy nageslag, die Kanaaniete nie. Die Kanaaniete was dus diewe en onwettig op grond wat nooit hulle s'n was nie. Hulle het hul eie gebiedens gekry, maar wou ander “empires” in ander lande ook begin (klink bekend?).

God het dus in werklikheid dit net baie eeue later terug gegee aan die werklike eienaars. Netsoos Hy belowe het, ons sal ons Republieke eendag ook weer terugkry, wat onwettig by ons gesteel was.

Hoekom moes die al Kanaaniete, selfs die ou mense en babatjies, sterf? En selfs die diere en plante uitgewis word?

Wanneer 'n man en vrou trou en gemeenskap het, word hulle letterlik een vlees. God se Woord was weereens nie leuens nie. Die wetenskap het vandag bewys dat die vrou fisies die man se essensie opneem in haar liggaam en dit berg. Nie net tydelik om dalk te gebruik vir bevrugting nie, maar permanent. Sy neem die man se sperms en DNA op. Die sperms word na die eierstokke gestuur, maar die DNA word binne haar eie vlees gestoor (op maniere wat die wetenskap nog nie heeltemal verstaan nie).

Dink mooi oor die konsep. Elke man met wie 'n vrou gemeenskap het sonder beskerming, se DNA word in haar liggaam gestoor. Dit word deel van haar.
(Indien jy as vrou hier lees en jy was verkrag of het dom dinge aangevang, moenie bekommerd wees nie! God kan en gaan ALS vernuwe. Dis nie permanente skade vir gelowiges nie.)

Dis basies dieselfde beginsel as met honde. Die opregte teef mag nie met 'n “onreine” reuntjie wat nie opreg is, teel of bymekaarkom voor sy geteel word nie, want selfs as sy daarna met 'n opregte reuntjie 'n werpsel hondjies het, is hulle DNA nie meer perfek nie. Hulle erf by die tefie iets van die eerste reuntjie se gene OOK! So 'n opregte teef moet slegs met 'n opregte reuntjie teel, vir 'n opregte werpsel. Andersins, is die werpsel nie opreg nie.

Dit het iets met die mitochondriese DNA van die moeder te doen. 'n Kind erf 2 stelle DNA, een van sy pa en een van sy ma. Maar hy het ook 'n “gebergde” stel DNA, genoem die mitochondriese DNA wat hy slegs by die moeder oorerf, deurdat hy “mitochondria selletjies” by haar erf. Hierdie is die DNA wat groepe populasies van mekaar skei en hoe hulle kan vasstel watter bloedlyne kom van ooreenstemmende stamvaders af, die migrasie patrone van nasies en rasse, ens.

Mense het nie na God geluister nie (soos gewoonlik) en nie by een man en een vrou gebly nie. So het die kinders se DNA mettertyd verswak. Net soos opregte hondjies, was mense nie meer opreg daarna nie. Nie meer so “righteous” en perfek soos Adam se DNA geskape was nie. Dis een rede hoekom Jesaja sê niemand is meer regverdig (righteous) nie.

Erger nog, mense het genetiese eienskappe van families probeer bewaar deur ondertrouery, wat nog meer genetiese defekte veroorsaak het. Boeties en sussies het saam kinders gehad, en deesdae weet ons dit is een van die grootste redes vir DNA defekte! Het God se Woord nie daarteen gewaarsku nie?

Boonop het die mense toe nog 'n sonde begaan, en VERAL die Kanaaniete was bekend hiervoor. Hulle het mekaar begin eet! Net soos met die vrou tydens gemeenskap, het hulle hierdeur die DNA of genetiese stukkies van mense opgeneem. Letterlik. In hul liggame.

Die beginsel word die beste geillustreer deur die Fore Tribe van Papua New Guinea.

Sowat 120 jaar gelede het een van hulle 'n siekte soortgelyk aan “Mad Cow Disease” gekry, waarskynlik sporadiese Creutzfeldt–Jakob disease (CJD). Vermoedlik het die man 'n dier geëet wat dit gehad het en so self die siekte gekry in die vroeë 20ste eeu.

Toe hierdie persoon sterf aan die siekte (dit is 100% fataal!) het sy Tribe hom geëet, soos hulle gewoonte was. Hulle het geglo dis al hoe hulle die geeste kon “vrylaat” en die persoon kon “eer”. Hierdeur het hulle almal die defekte proteine (prions) opgeneem wat die man se dood veroorsaak het. Dit het toe in hul eie liggame gaan lê. En so het die Tribe se mense een na die ander 'n tipe “Mad Cow Disease” ontwikkel, genaamd Kuru. Veral kinders, omdat kinders as suiwer gesien was, en dus die brein gegee is om te eet, om die gees "vry te laat". Maar die meeste van die prions was juis in die brein.

Soos elkeen sterf, is hulle weer deur die Tribe geëet en is die gene net weer oorgedra aan die volgende geslag. Tot die Australiers die Tribe ontdek het middel van die 20ste eeu, diep in die berge. Na dekades se baklei en oorreeding en mediese hulp en smeking, is die praktyk van kannibalisme uiteindelik stop gesit einde van die 20ste eeu.

Die laaste van die aangetastes het onlangs gesterf. Toe ontdek die mediese wetenskap 'n wonderbaarlike ding. Die Fore tribe het nou 'n geen ontwikkel wat hulle die enigste groep mense op aarde maak wat “resistant” is teen hierdie tipe siektes! Dis 100% dodelik vir alle ander mense. Maar die Fore tribe is nou amper immuun. Die enigste mense op aarde wat 'n “mad cow” kan eet en waarskynlik nie die siekte sal ontwikkel nie.

So dit wat mense eet, het dus deur die dekades, in slegs 100 jaar, 'n permanente effek gehad op die gene van hul nageslag! Laat dit insink.

So rondom 1900 is die eerste persoon met die siekte geeet. En in 2009 het die laaste een van die kannibale gesterf. En in 2015 het hulle ontdek die nageslag van hierdie mense se DNA het letterlik verander as gevolg van die eet van hierdie een persoon 115 jaar tevore!

Dis hoekom God gewaarsku het teen kannibalisme en sulke praktyke!!

Netso het die Kanaaniete destyds toe ook vreeslike siektes en veranderinge in hul DNA so aan mekaar oorgedra deur die eeue wat hulle in daardie area gebly het. En dit het so erg geword, dat God gesê het, wis als uit. Want selfs die diere en natuurlewe om hulle was teen daardie tyd beinvloed. Die diere was aangetas, want die Kanaaniete het omgang met diere ook beoefen. En die diere het dit weer aan die plante oorgedra deur hul ontlasting, merk van territoriale gebiede en ander lewensprosesse. Dit was bykans in die kleine, 'n area wat weer presies dieselfde opgeëindig het, as die tyd reg voor die vloed. Toe God gesê het Hy moet die aarde self skoon was van al die sonde, so erg was dit. Sonde het werklike, fisiese oorsake op mense en diere se liggame, asook die natuur.

Ek kan my net indink met hoeveel pyn en probleme die Kanaanietiese kindertjies gebore was. Hoe swaar hulle lewens moes wees sonder hospitale en dokters en hulp. Sonder pyn medikasies en operasies. Watter verskriklike lewens het die Kanaaniete en hul kinders en diere nie begin ly nie? En God het geweet.... dit gaan net erger word, want hulle het geweier om die sondes te stop.

Was Hy dus bloeddorstig toe Hy uiteindelik gevra het dat die Kanaanietiese gene uitgewis moes word? Of genadig omdat Hy die gene wou laat uitsterf en keer dat kindertjies met soveel genetiese gebrekke in daardie dae gebore word?

Mense dink dis 'n goeie ding dat daar genetiese manipulasie kan plaasvind voor geboorte. Onvrugbare ouers word gehelp daardeur om kinders te kan hê.
 Kindertjies kan nou selfs “ontwerp” word om “perfek” gebore te word. Of die geslag kan “gekies” word.

Maar toe God dit gedoen het op die kru manier wat destyds vir mense beskikbaar was, dink mense Hy was wreedaardig en bloeddorstig! Nee. Hy het die mense vir hul sonde gestraf soos voor die vloed, die land gered deur dit te reining, en die nageslag se DNA probeer bewaar van hierdie aaklighede. Soos Tutenkamen wat maar 18 geword het, al sy babatjies voor of na geboorte verloor het, en self op 18 gesterf het, agv die Egiptenare se ondertrouery. Is dit wat die mensdom eerder sou wou sien vir al die Kanaaniete?

So beteken dit YHWH was 'n bloeddorstige God en eintlik Marduk soos mnr. Pretorius glo?

Nee. Dit beteken slegs dat ons verstaan net nie altyd HOEKOM God soms iets drasties moes doen om die mensdom te help nie. Netsoos met die vloed. Hy het die verval van die gene 'n groot hou toegedien daardeur. Sodat die verval stadiger sou gebeur. Hy het Noag en sy seuns gered, maar alle ander gene vernietig. En ek kan net dink, dis omdat dit in dieselfde toestand of erger was as die Kanaanietiese gene.

Tot Jesus gekom het, waarna dit nie meer saak gemaak het wat ons inneem by ons monde nie. Want Sy genetiese blueprint kon van toe af deur die vernuwing van die Gees, deursypel na ons liggame se DNA toe. Veral as ons Sy raad volg, en OPhou sonde doen!

Net soos iemand se liggaam 'n effek op die Gees het, het die Gees 'n effek op die liggaam. As ons glo, kan Jesus Sy Bloed gebruik om ons letterlik te “bedek”. En na die Opstanding, sal ons dan met Sy “blueprint” opstaan, vernuwe deur Sy Gees. Makie saak wat ons geëet of gedoen het aan ons liggame in ons leeftyd nie. Want vir God is als moontlik. Ons moet Hom net tyd gee om Sy Planne te voltrek.

Netso het God redes, waarop ek nie nou te veel wil ingaan nie, want dit raak te lank, met hoekom Hy diere offerandes in die begin wou hê. Dit het die mense voor Jesus gekom het, se gees, se DNA begin verander. Begin suiwer na die vloed en als wat na dit nog aan die gang was.

Ongelukkig het die Israeliete egter SO baie gesondig, dat hordes en hordes diere net heeltyd geslag moes word! Om as offerandes vir al die sondes te dien!

Tot God selfs later moedeloos verklaar het hoe MOEG Hy is vir al die diere offerandes! Dis net te veel en te erg gewees! Nie omdat dit Marduk se verhaal was in die Bybel soos mnr Pretorius dink nie.

Selfs God kan moedeloos word met mense se sondes en die alewige bloed verspilling wat dan nodig was! En dis hoekom Hy gaan toelaat dat Sy Kinders doodgemaak word aan die Einde van Tyd, want daardeur kan Hy ander volke en mense red. Maar dan kom Hy met groot woede terug om die wat die bloed verspil het, te straf.


Volgende bespreek ek 'n paar aanhalings wat mnr Pretorius gemaak het, hier.

Monday, June 21, 2021

Aanhalings deur mnr Pretorius

Hier wil ek nou direk verdere sinne wat mnr Pretorius op sy blog geplaas het, aanspreek. Dis onmoontlik om als uit te lig, so ek het maar die wat my die meeste opgeval het, gekies.

Mnr Pretorius: “...wil ek dit stel dat niemand weet wie God Almagtig regtig is nie...Wat ek wel vir u kan sê is dat dit nie die God van die Bybel kan wees nie....”
En tog, dis presies wie God Almagtig regtig is. Mnr Pretorius glo en vertrou nie die Bybel, of die God van die Bybel nie. Maar ons wat doen, weet dat die Almagtige God, Skepper van Hemel en Aarde, een en dieselfde God is, soos Johannes 1 vir ons verduidelik.

Die vreemde ding is dat mnr Pretorius geleer het DAT daar 'n God "Almagtig" is, deur die einste Bybel. Die meerderheid van sy kerk, familie, skool en gemeenskap het waarskynlik dit geglo en dit so verkondig. UIT DIE BYBEL UIT. 

So hoekom nou vertel daardie einste Bybel was reg, daar IS 'n God Almagtig, maar ook verkeerd, dis nie die Bybel s'n nie? Dis werklikwaar ontsettend vreemd vir my.


Mnr Pretorius: “...En nee, sy naam is beslis ook nie Yahweh nie...”
Jip. Sy Naam is wel YHWH in Hebreeuse letters, wat beteken: “Ek is wat ek is”.
Ou Hebreeus het nie klinkers gehad nie. Later, toe dit bykom, het hulle YHWH begin uitspreek as Yahweh. Toe Jesus kom, het Hy waarskynlik heelwat tale verstaan en gebruik. Grieks, Aramees, Hebreeus, ens. Hy was in Grieks, Iesus genoem, maar in Hebreeus was die klanke waarskynlik meer Yahshua. Dit kom direk van YHWH af. YaHWshuaH.

My eie doopnaam word NIE dieselfde uitgespreek deur Engelse, as deur Afrikaners nie. Absoluut GEEN anderstalige kon nog OOIT my naam korrek uitspreek nie. Nie Engelse of Bantu's of die KhoiSan eers nie. Gewoonlik gee ek dus aan almal eerder my bynaam. Selfs dit spreek hulle vreemd uit. Mens kan dit nie lekker uitmaak nie.

Netso is die Naam “Ek is wat ek is”, of YHWH of Yahshua of Iesus deur baie mense in allerande tale gebruik. Later het die klank wat die Grieke gebruik het vir “Ie” 'n “J” geword. So toe die Bybel in ons taal vertaal is, het hulle by die klank gehou, en nie die spelling nie, soos die gebruik van daardie jare. God is nie 'n moeilike Persoon nie. Inteendeel, Hy is besonders tegemoetkomend, en het werklik nie omgegee nie, want alle tale was in elk geval Sy skepping as gevolg van die toring van Babel se gebeure. So of jy Hom Yeshua of Jesus of Yahwe noem, maak nie 'n verskil werklik nie. Dis 'n geval soos Paulus verduidelik het.... moenie die wat oortuig is dat iets sonde is, sleg sê nie. As hulle byvoorbeeld nie vark wil eet nie, los hulle. Maar weet dat dit nie sonde vir jou is nie. Mense kan daarop aandring dat God slegs YHWH genoem mag word. Maar Hy het direk aan my toestemming gegee dat ek Hom “Jesus” mag bly noem!

Bid dus en besluit self oor die Naam en wat u Hom wil noem. Maar om te verklaar soos mnr Pretorius, dat YHWH nie God se Naam is nie, is net verkeerd.


Mnr Pretorius: “....verstaan dat die wederkoms van die Verlosser van Nibiru af sal kom...”
LOL. Nee. Die teenoorgestelde.

Die “evil” in die wereld, onder leiding van Satan, beplan TWEE “beings”. Twee wesens, wat saam hulle “Messiah” uitmaak.

Die Bybel maak dit duidelik, dat die Koning kom om Vrede te bring en te verklaar aan die wereld, maar ook dat die Koning kom om die wereld met 'n ystervuis te regeer. Christene besef dat dit so in die Bybel gestel was, omdat God toe al geweet het, dit praat van 2 verskillende tydperke. Nie 2 wesens nie, maar 2 tydperke.

Die Elite het egter besluit (onder die Zioniste se aanvoering skat ek), dat dit eintlik beteken dis 2 wesens wat moet kom.

Die een kom om vrede en oorvloed en uitkoms van "slawerny" te verklaar, en is dus soortgelyk as 'n tipe Ben Joseph of Moshe (Moses). Die ander een kom as Koning en om oorlog te voer, en dus is hy van Ben David se essence. “Ben” beteken “Seun van”. Waarskynlik eers die oorlog, dan die "vrede" (en die Bybel waarsku ons, pasop vir die dag waarop hulle vrede aan ons verklaar!).

Die een gaan NES Farao Akhenaten lyk, wat mnr Pretorius (volgense my foutiewelik) glo was Moses van die Bybel gewees. Baie mense, ek ingesluit, het klaar drome en visioene gekry oor hierdie figuur. Wie dit is, en hoe hy werklik die bloedlyn van Akhenaten in sy DNA het. En daardeur “Royalty” gaan beweer.

Ons kan slegs bespiegel hoe als gaan verloop met hierdie Messias-planne van die Elite, of soos ons dit noem, die Antichris, vals profeet en Beeld van die Dier.

Wat dit met “Nibiru” en die “Annunaki” of “aliens” te doen het, sal ons nog moet sien. Wat ons weet is dat dit NIE ons Messias of Redder (Verlosser) is of bring nie. Hulle is NIE ons skeppers nie. Hulle is misleiers wat die mensdom gaan verblind met die wonderwerke en tekens wat hulle kan doen, en die leuens wat hulle gaan vertel.

Hulle gaan waarskynlik nes die Superwesens wees in ons flieks. En aan mense verkonding hulle, die gewone mense, kan ook “nes hulle skeppers” wees. En daardeur gaan mense die merk aanvaar. Die een waarteen ons gewaarsku word, dat dit 'n effek op ons siel gaan hê. Die wat die Antichris of sy beeld aanvaar as hul skepper, verloor hulle Ewige Lewe saam met die ware Almagtige God.

Punt is dus, ons verlosser kom NIE van Nibiru af nie! Wel ons “destroyer”!


Mnr Pretorius: “Die belangrike feit hier is dat ons Vader hierdie Verlosser sal wees en nie Jesus nie.”
Sjoe. Waar om te begin.

Ja, dit KAN en GAAN Jesus wees, want Hy het so gesê. Maar. Die Vader en Seun is Een. Die Vader is Gees. Jesus was beide mensekind en Goddelike Seun. Hy het 'n aardse liggaam gehad. Wat deur Sy Opstanding in 'n Ewige Liggaam verander is. En dis Hy wat gaan terugkom, het die Engel aan ons verklaar. En wanneer Hy kom, gaan die hele aarde skud en bewe, en elke liewe persoon gaan op sy knieë val. En die wêreld gaan treur.

Die vreemde ding is, ek onthou lank terug het mnr Pretorius beweer dat eers kom Jesus terug, dan is dit die 1000 jaar Vrede, daarna eers kom die Vader. Ek onthou hoe vreemd ek hierdie konsep gevind het. Nou beweer hy dat Jesus glad nie meer gaan kom nie, maar net die Vader. En dit nie meer aan die einde nie, maar in die begin van die 1000 jaar, en boonop in 'n UFO vanaf die planeet Nibiru! Jesus het sommer net self opgevaar op die wolke, maar die Vader moet 'n ruimteskip gebruik om af te kom..
..


Mnr Pretorius: “Dit kan nie Jesus wees nie, want hy was nooit meer as ‘n menslike koning wat deel was van ‘n koninklike bloedlyn wat deur die Anunnaki geskep is om as ‘n buffer tussen hulle en die massas te kon dien nie. Hy was dus die mense op voetsoolvlak se meerdere, omdat hy Anunnaki DNA gedra het, maar darem nog steeds ook die Anunnaki koninklikes se mindere....”
Jesus was definitief baie meer as slegs “'n menslike koning”. Boonop was die Dawidiese bloedlyn uit Shem deur sy seun Arpaksad. Terwyl die Annunaki bloedlyn waarskynlik uit die lyn van Asshur (Assirie) kom van Shem. Nie deur Arpaksad nie.
Ek glo die Bybel wat betref Jesus. Mnr Pretorius glo eerder die Joodse skrywer Zacharia Stitchen.

Zacharia Stitchen was 'n amateur, wat homself Summeries geleer het, en toe tablette vertaal het en aannames gemaak het oor wat dit beteken. Hy was nie 'n opgeleide profesionele taalkundige daarin, of in daardie tydperk nie. Hordes mense het dus intussen bewys hoeveel foute hierdie man gemaak het. Nie slegs Christene nie, maar oorwegend Akademici en kundiges van reg oor die wereld. Daar is heelwat inligting beskikbaar op Youtube, wat Zacharia Stitchen se boeke afmaak en “debunk” as basies nonsens of swak vertalings wat nie die toets van tyd of “scrutiny” deurstaan nie. 

Om dus die Bybel te verwerp en so 'n persoon aan te hang gaan my verstand totaal en al te bowe. Dis egter mnr Pretorius se reg. Maar dis ook my reg om aan my mense uit te wys hoekom hulle versigtig moet wees om enige iets wat deur die Zacharia Stitchen beweer is, as net die waarheid te glo en te aanvaar. Soos hierdie hele idee dat die “Annunaki was aliens wat die mensdom deur kloning geskep het.”

Wikipedia is nie aldag meer betroubaar nie, maar hier is 'n stelling wat wel korrek is, oor die skrywer Zacharia Stitchen:

Sitchin's ideas have been resoundingly rejected by scientists, academics, historians (including Sumerologists, Orientalists and Assyriologists) and anthropologists who dismiss his work as pseudoscience and pseudohistory. His work has been criticized for flawed methodology, ignoring archaeological and historical evidence, and mistranslations of ancient texts as well as for incorrect astronomical and scientific claims.
Ek verwerp hom dus as 'n kenner, wat nog te sê iemand wie se idees bo die Bybel geglo moet word!

Ter interessantheid, kom ek verduidelik hoe maklik foute kan insluip wanneer daar met antieke tale gewerk word. Die Summeriese tablette praat van hoe sekere van hul konings sommer vir 250 000 jaar regeer het. Uit ander bronne (nie slegs die Bybel) weet ons dit is onwaar. Wanneer dit bestudeer word, blyk dit dat verskeie tydperke as 'n “jaar” gesien was deur verskillende groepe van daardie antieke tye. Byvoorbeeld, een groep het 'n siklus van die maan as 'n “jaar” beskryf. Ander het 'n seisoensverandering as 'n nuwe jaar beskou. Ander het die “groei” van die maan (dus 2 weke) as 'n jaar gesien. Ens. So ons kan nie net aanneem 250 000 Summeriese jare op 'n klip tablet, is werklik 250 000 van ons jare van vandag nie!

Hulle het dus beweer hulle konings was “immortal”. Uhm. Nee. Hoewel soos ek bespreek het, weet ons ook uit die Bybel dat daar wel 'n tydperk was waar mense na die Vloed nog vir honderde jare lank geleef het, en onsterfbaar kon voorkom. Maar die Summeriese mense het waarskynlik afgestam uit Shem se een seun, wat Asshur of Assyria genoem was, en afbeweeg het uit Syria uit na die Suidelike dele van Iraq.


Mnr Pretorius: “….en ons lees dat hy (“Jesus”) dood is aan die kruis. Hy is nie, want daar is gesaghebbende inligting wat aandui dat hy lewend afgehaal is en eers jare later oorlede is....”
Die snaakse ding is dat dit JUIS die Romeine was wat hierdie valse storie dat Hy NIE gesterf het nie, versprei het, saam met daardie dae se Joodse families. Ek beskou die Bybel as “gesagshebbend”. Mnr Pretorius beskou ander bronne blykbaar as gesagshebbend. Netsoos hierbo gesien, soos die Joodse skrywer Zacharia Stitchin.


Mnr Pretorius: ”Daar word op verskeie plekke VAN Jesus gesê dat hy die Seun van God is, iets soos 60 van hulle dink ek, maar hy self het dit nooit gesê nie. En toe hy daaroor uitgevra is, en baie hard van hoog af vir ‘n spesifieke antwoord gedruk is, het hy dit soos volg ontken:

MAT 26:63 Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?

MAT 26:64 Jesus antwoord hom: U het dit gesê.”

Dit kan as bevestigend gesien word. U het dit gesê, u praat die waarheid, u is reg. Hoekom mnr Pretorius dink dit het beteken U het dit gesê... nie ek nie. Dit sal ek nie weet nie. Hoe kan hy dit sommer net aanneem en dit as "bewys" voorhou?

Ek gaan dit ook met 'n teenskrif beantwoord.

Ons lees in Johannes 8:24

Daarom het Ek vir julle gesê julle sal in julle sondes sterwe, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.”

In Engels:
I said therefore unto you, that ye shall die in your sins: for if ye believe not that I am he, ye shall die in your sins.

Jesus sê dat as hulle nie glo “I AM he”, of “Ek is wat ek is “ nie, gaan hulle in hul sonde sterf. Die mense het onmiddelik besef dat Hy (Jesus) beweer het Hy is YHWH, wat volgens hul gebruike godslasterlik was! En DAAROM wou hulle Hom toe ook doodmaak.

Dus, anders as wat mnr Pretorius beweer, het Jesus WEL aan die mense erken Hy is YHWH. Mens moet egter na die Hebreeuse en Griekse geskrifte en betekenisse kyk om te sien waarop Jesus gesinspeel het, en hoekom die mense onmiddellik besef het wie Jesus beweer Hy is. En waarom Hy gese het Hy kom in Sy Vader se Naam. Want God is Gees, Jesus was die aardse liggaam!

En die rede hoekom Jesus dus nooit self gese het Hy is die Seun van God nie, is omdat Hy YHWH is! 
Hy kom in Sy Vader se naam. Hy is dus God se Seun. Maar almal in Hom, is wel ook Kinders van God. So Hy is die Vader, die Seun en die Gees. Die hele Almagtige God. Iets wat ons menslike breine sukkel om te verstaan, maar Hy het die konsep op die maklikste moontlike manier vir ons kom demonstreer. Siel, liggaam en gees. Drie-enig. Als in een. EEN God, genaamd YHWH (Ek is wat ek is). Die Seun, die Ligaaam, is die aardse beeld van God gewees met die “blueprint”, die essence, die DNA van die Vader. Die aardse beeld van die Hemelse Vader. As voorbeeld vir ons. Hy is dus die Weg. Hy het dit kom aandui. Self, persoonlik. 

Jesus het as 'n kind van die mens gekom en gewys hoe ons moet leef en glo, en selfs hoe ons van en oor ons Vader in die Hemel moet praat. Terwyl Hy 'n mens was, was Hy ook “Son of Man”. Nou is ons ook nog “Sons of Man”. Seuns van Adam. Nakomelinge van Adam.

Toe Hy gesterf het en deur die Gees opgewek is, was Hy en is Hy ook nou die Seun van God. Want ons moet in Sy voetstappe volg. Wanneer ons sterf, en opgewek word (die wat Sy Gees het), sal ons ook soos Jesus wees. Of deur die dood, of deur Sy terugkoms. Die wat Sy Gees ontvang het, wat Sy DNA as blueprint vanaf die Gees ontvang het, sal daardeur as 'n “nuwe mens” gemaak wees. Met 'n Ewige Liggaam. Hy is dus YHWH, wat die Vader, die Seun en die Gees is. 

Ek stem dus glad nie saam met mnr Pretorius se idees van hoe die Romeinse kerk vir ons gelieg het dat Jesus die Seun van God is nie. O, hulle het vir ons oor BAIE dinge gejok. Maar nie daaroor nie. Want ek glo die Bybel, en nie Roomse of Joodse “fabels” of mense of kerke nie.

En dis die Bybel wat dit eerstens verklaar het, nie die kerk nie:

1 Johannes 5
Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is.


Mnr Pretorius: “Jesus was deel van die Essene gemeenskap van Qumran en hulle was wat ons as spiritual mystics kan beskryf.”
Nee, die mense om Hom, was deel van die Essene Gemeenskap. Daar is geen definitiewe bewys dat Sy familie, of spesifiek Hy self, ook deel daarvan was nie. Baie mense baseer hulle gnostiese gelowe op hierdie tipe (valse) aannames. Dis hoekom Christene nie die buite Bybelse geskrifte van daardie tye as onfeilbaar beskou nie, maar slegs die Woord as onfeilbaar. Christene glo die Woord is die enigste onfeilbare, ware bron.


Mnr Pretorius: “Daar kon onmoontlik twee rowers weerskante van hom gekruisig gewees het, want sulke mense is op ander, minder dramatiese maniere doodgemaak.”
So in plaas van om die Bybel te glo, glo mnr Pretorius dit kon “onmoontlik nie” so gewees het nie, want..... Die rede is so vaag, dat geen akademikus dit ooit as 'n rede sou kon aanvaar nie. Hoekom hy dus dink ons moet dit as “bewys” aanvaar van hoe “onmoontlik” dit dus is dat die Bybel reg kon wees nie.... sjoe.

Ons is nie desperaat om die Bybel verkeerd te bewys nie! Ons is ook nie angstig om die Bybel as korrek te bewys nie, want God het gesê aan die Einde van Tyd, sal als geopenbaar word. Dan sal die Waarheid staan. Geloof is om te hoop op dit wat ons (nog) nie kan sien (of bewys) nie.

'n Trend wat duidelik na vore kom, is dat waar die buite Bybelse geskrifte die Bybel korrek bewys, verwerp mnr Pretorius dit as Romeinse inmenging. Waar die buite Bybelse tablette of geskrifte die Bybel as “verkeerd” bewys, glo mnr Pretorius die geskrifte amper lyk dit, onvoorwaardelik. Dan was daar geen “inmenging” nie.


Mnr Pretorius: “Dit was dus die Satan wat ‘n tydelike oorwinning oor God behaal het!”
En nog steeds verstaan mnr Pretorius geheel en al glad nie die Bybel of Jesus se Evangelie nie. Nee, Jesus het werklik deur Sy kruisiging, die oorwinning behaal, want hierdeur het Hy volgens Joodse wette die reg verkry om namens enige iemand wat glo in Hom (en Sy offer aanvaar vir hul sondes) hulle te red, verander deur die gees, en te lei op die aarde. Sien dit amper soos “borgtog staan”, in ons wette van vandag. Een persoon mag 'n ander help om sy skuld te betaal. Jesus het ons skuld betaal, vir die wat dit aanneem en glo. Hy het ook ander dinge “ontsluit” in die gees en die liggaam deur te sterf en daarna op te staan, maar dis onnodig om te diep nou daarop in te gaan.


Mnr Pretorius: “Farao Akhenaten, of Moses soos ons hom ken, het gesê dat die ware God op ‘n ster woon met die naam Aten en dat Hy alleen aanbid moet word.....Daar is net een planeet wat op enige wyse hiervoor kon kwalifiseer en dit was Nibiru. Dit beteken, met ander woorde, dat die God wat hulle moes aanbid op Nibiru gewoon het.”

Eerstens, Akhenaten was nie Moses nie! Daar is 'n groepie mense wat dit glo, maar meer wat die teendeel al bewys het.

Tweedens, die ou voorvaders van daardie tyd, het sterre aan al hul helde en stadsvaders en gode toegeken. Dit beteken nie die persoon bly werklik daar nie! Daar is wel 'n skakel, tussen die geboortes van mense en die geboortes van nuwe planete. So dit kan wel wees dat elke persoon van sekere bloedlyne, 'n “ster” het wat hulle s'n is vanaf geboorte. Ek glo dis die sterre wat gaan val. Mense wat sterre gehad het, maar deur die draak se stert verslaan word. Joseph het gedroom dis Jakob se bloedlyn wat almal “sterre” is, volgens die Bybel.

Die Antichris gaan 'n god aanbid wat ons “voorvaders nie geken het nie”, volgens Daniel. En die Antichris het ons deur die profete gehoor, is 'n Akhenaten afstammeling, wat geglo het dat die “god wat hulle moes aanbid op 'n ster met die naam Aten woon”. Klink vir my of die Afvalligheid al van daardie dae af aankom!



Mnr Pretorius: “Nasaret het (nog) nie bestaan in Jesus se tyd nie. Hulle het ‘n profesie in die Ou Testament tot hul voordeel probeer vervals hiermee.”
Daar was twee dorpies met die naam Nasaret. Een wat later en meer Suid begin is, en een wat vroëer en meer Noord geleë was.

Ek kan nie help om te wonder wat mnr Pretorius enigsins nog uit die Nuwe Testament glo nie?
  • Hy glo nie die Evangelies nie, want hy sê dis “Paul se evangelies”.
  • Hy glo nie dat Jesus gesterf het aan die kruis nie, of dat Hy gaan terug kom nie.
  • Hy glo nie Paulus se briewe en boeke nie.
  • Hy glo nie wat oor Petrus geskryf is nie.
  • En hy glo die Roomse kerk het boonop 'n handjie gehad in die boek Openbaring.

Wat bly enigsins oor wat hom 'n Christen sou maak? Ek sou hom van die Joodse geloof kon beskuldig het, maar hy glo amper net so min van die Boeke van Genesis en Levitikus, en selfs nie veel meer van Jesaja nie.


Mnr Pretorius: “Petrus was volgens die Roomse kerk die eerste Pous van die kerk gewees, maar hoe kan dit wees, want daardie kerk is dan eers meer as 250 jaar later gestig!”
LOL. Dit was nie dieselfde Petrus nie!!! Die “Petrus” van die Roomse kerk, kom van die woord Pater af, wat Vader beteken het. ;-)


Mnr Pretorius: “Hulle sê egter in dieselfde asem ook hy is op sy versoek onderstebo in Rome gekruisig. Dit is weereens ‘n leuen, want hy was nie ‘n fisiese rebel nie en niemand weet regtig wat van hom geword het nie. As hy ‘n rebel was sou hy saam met Jesus gekruisig gewees het, en hy is nie. Sy rol word in elk geval heeltemal oorspeel in die Bybel, want hy was nie naastenby so belangrik as wat ons daar lees nie. Die ware dissipels was almal hoog aangeskrewe senior priesters in die Essene gemeenskap en Petrus was nie deel van hierdie uitgelese groep nie.”

Wow. Soveel gif teenoor die arme Petrus. Wat reeds beweer het hy is NIE so belangrik nie. Nou word hy aangevat oor hy nie so belangrik was nie. Ai. Wat het die arme Petrus verkeerd gedoen? ;-)

En om te sê iets soos sy onderstebo kruisiging is 'n leuen, want “niemand weet regtig wat van hom geword het nie”.... is weer soos die redenasie oor hoekom die Bybel jok oor die 2 boewe weerskante van Jesus. Dit staaf geensins die idee dat Petrus dus 'n leuenaar of iets was nie, of dat daar oor hom gejok is in die Bybel nie!

Die stukkie: “as hy 'n rebel was sou hy saam met Jesus gekruisig gewees het”. 

Wow. Weereens, wanneer buite Bybelse boeke ooreenstem met die Bybel, verwerp mnr Pretorius beide. Wanneer dit verskil van die Bybel, word die buite Bybelse boek geglo. Die arme Bybel word telkemale net verwerp as leuens en bedrog. Hoe hartseer!

Ek is nie eintlik seker of mnr Pretorius dink Petrus was nou eintlik rebels oor hy nie so rebels was nie? En of hy nie rebels was nie, want hy was nie (gou) genoeg rebels om saam met Jesus te sterf nie? :-D

Ek persoonlik dink ook dat mnr Pretorius heeltemal te veel waarde heg aan “hoog aangeskrewe en uitgelese” groepe. Tyd het bewys dat Elites en Koninklike bloedlyne toe nou nie so hoog aangeskryf moet word nie. ;-)

Wat opvallend is uit hierdie gal braak teenoor Petrus, is die eerbiedige manier waarmee daar dwarsdeur van die Annunaki gepraat word, maar met soveel griewing en nydigheid van Bybelse karakters, en veral die Hoofkarakter. Dit is dus baie, baie duidelik wie mnr Pretorius eerder aanhang, glo en volg.


Mnr Pretorius: “En ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, ….... sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ’n bruid...hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense....”

Dit is met ander woorde niks anders as ‘n baie groot ruimteskip nie, en ‘n mens het nogal baie verbeelding nodig om te wil aanvaar dat hierdie bloot aan die misterie van God toegeskryf kan word! So ‘n vaartuig, wat kan neerdaal soos ‘n helikopter, kan nét van ‘n ander planeet in ons sonnestelsel af kom en nêrens anders nie!

Ek dink dis hier waar ek werklik hardop uitgebars het van die lag, en besef het ek moenie hierdie man so ernstig opneem nie. ;-) Meeste van ons behoudende Afrikaners, wat almal Bybel-gelowige volgelinge van Jesus Christus is, sal reg deur al die strooi kyk.

Nuwe Jerusalem is nie 'n ruimteskip nie! Dis Jesus se Bruid.... mense. Die woord Hemel het verskeie betekenisse in die Bybel. Netsoos wat die woord “Aarde” verwys het na die “planeet” op party plekke, na die “vasteland” op ander, en selfs na die “baarmoeder” of “liggaam” in ander weer!

In hierdie geval gaan Nuwe Jerusalem die groep mense op Aarde wees wat die Gees gaan kry net soos die Apostels in die bo-kamer in Handelinge ontvang het. :-) Want God gaan by Sy mense kom bly, en Sy stad is 'n stad van Lewendige Klippe, waarvan Jesus die hoeksteen is. Die eerste steen.

Is dit nie interessant, dat mense soos mnr Pretorius wat die Bybel ontsettend kritiseer, tog nog steeds stukke daarvan wil gebruik om hul eie geloof te "regverdig". So hy glo Nuwe Jerusalem gaan uit die Hemel kom, wat in die Bybel staan. Maar hy glo nie dat Jesus die Seun van God is nie, wat nie net in die Bybel staan nie, maar die tema van die hele Nuwe Testament is, asook die geloof was van die skrywer van Openbaring, waarin die stukkie van Nuwe Jerusalem staan nie. O, die ironie!

My voorlaaste artikel is kort inligting oor die 2 Nuwe Wêreld Ordes.

Sunday, June 20, 2021

Die “ou” NWO en die “nuwe” NWO

Ek gaan nie lank hieroor skryf nie, want dit is 'n onderwerp op sy eie wat ek nog sal aanspreek.

2 Korintiers 12:
14 En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. 15 Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien.

Die wêreld word tans geinisieer in die “okkult”. Dis 'n lang storie, en die beste om dit te beskryf is ProbablyAlexandra.com of in haar video's op die Youtube kanaal ProbablyAlexandra.

Vir jare nou al, word die wêreld gewys hoe wreed en duiwels en sleg is die “Weste”. Die vark in die verhaal. En ja, hulle is, daar's geen twyfel nie. En hulle dade en slymerigheid en onderduimsheid en leuens en sonde is nou daar vir almal om te sien.

Die NWO is NIE die huidige stelsel nie! Die huidige stelsel is die “Nuwe wêreld” orde. Amerika was die Nuwe Wêreld genoem. So die Amerikaanse orde, is die huidige orde, dis die Nuwe-Wêreld Orde. Die Amerikaanse orde.

So wat is/was, is die Nuwe-Wêreld Orde van die VSA.

Wat kom, is die Nuwe, Wêreld-orde. Die wêreld se orde. Die een-wêreld orde (One World Government). Die Draak se orde. Die Ooste se orde. Beheer. 

Amerika moet val, en almal gaan juig, want kyk net hoe evil en duiwels is sy. Hoe sondig is die Weste. God wys aan almal die nakende, sondige vrou van Openbaring. Mystery Babylon... vandag genoem: Die Verenigde State van Amerika.

Wat kom in sy plek?

Die Nuwe wêreld-orde. Dis NIE 'N VERBETERING NIE!!! Dis NETSO sleg. Erger. Twee vlerke van dieselfde voël!! 

Ek het 'n visioen gehad, en dit was ontsettend. Enige iemand wat dink Amerika was "sleg", gaan terug verlang na die "goeie ou dae van die Weste". Dit wat Chinese nou beleef, is soos Kersfees teenoor wat kom vir die mense in die Weste. Die beheer gaan ontsettend wees. Genadeloos. 

Maar God vra dat ons nie terugverlang na Sodom en Gomorrah se dae nie! Moenie terugkyk nie. Moenie bang raak nie. Kyk vorentoe. Oë op Hom, want dit wat daarna wag, sodra Jesus Sy Koninkryk hier oprig, is soveel beter as die Orde van die Weste OF die Ooste! Dis God se Orde.

Die Hindoes storie waarvan mnr Pretorius praat  – dit gaan oor die Nuwe wêreld-orde. Die nuwe NWO. Die Ooste se Orde. 

Eers die afbreek van die ou orde, die Amerikaanse orde, die Nuwe-wêreld orde. Dan kom die Nuwe wêreld-orde met sy digitale stelsels, digitale ID..... dis als net die begin van die Nuwe, wêreld-orde. Waar die Duiwel, Satan, homself as 'n Engel van Lig gaan voordoen.

So as iemand juig en skree van vreugde oor die "NWO" afgebreek word, weet dan dat dit nie albei NWO's afbreek nie. Net die ou een wat op die Amerikaanse manier gedoen was. Gabasseer op Romeinse Reg en die Bybelse waardes en integriteit (al het hulle sover in sonde verval). Wat kom word OOK die NWO genoem, sodat mense nie besef waarvoor hulle hulself inlaat nie. En dit gaan op die Oosterse reg, gelowe en metodes gebasseer word. Kyk net hoe het sosiaisme dwarsdeur die Weste klaar ingesluip. Hulle is "ryp" vir die Ooste. Die nuwe NWO.

Die draak van ouds, Satan, gaan homself voordoen, of "oordoen" as 'n "Engel van Lig". Hy gaan optree asof hy “righteous” is, asof hy reg en geregtigheid en vrede bring. Hulle gaan verklaar hoe sleg die Weste was, en hoe hulle die wêreld kom “red” van hierdie evil en wicked Weste. Hoe hulle nou vryheid en welvaart aan die hele wêreld gaan bring, onder die beheer van die Ooste, nie meer die Weste nie.

Dis die dier se ryk, Satan se ryk. Die nuwe NWO wat die ou NWO gaan vervang, en dit gaan NET SO sleg wees. Erger. Die 4de dier volgens die Bybel gaan verskriklik wees.

So tans, met die Beer wat al op die toneel is, moet mense begin besef. Dis die tweede DIER. Dis nie 'n redder nie. Dis nie eers 'n vrou nie. Dis 'n dier. Putin is NIE ons redder nie. 

Die Hindoe's se “New Age” is NIE die korrekte geloof nie. Agter dit als vind ons dieselfde draak van ouds. Glo die Bybel. Dit het ons gewaarsku om niks te vertrou nie, want hulle gaan ons van alle kante af mislei!

Ek beveel sterk aan dat die wat meer wil verstaan, Probably Alexandra se blog lees, of beter nog, luister na haar video's (die skakels is op haar website). Sy is nie korrek in als nie, glad nie! Daar's sekere doktrines wat sy aanhang wat ek nie doen of mee saamstem noodwendig nie. Maar sy's 'n Christen en sy het haar huiswerk gedoen.
 Sy weet waarvan sy praat. Luister na die breë trekke wat sy probeer beskryf. Hoe hulle die wêreld gereed maak om eers die ou, wrede, evil orde raak te sien vir wat hy is (en hy IS werklik baie evil). Dit noem hulle die "Great Awakening". 

Dan gaan hulle die mense gebruik om dit omver te gooi. Mense gaan juig en dink hier kom die Ooste tot die wereld se redding, en so aanvaar hulle die nuwe orde, sonder om te besef dis net so erg en erger. Die wereld gaan dink die nuwe een is goed en moreel en regverdig, maar dis dieselfde duiwel wat mense mislei.

Laastens bespreek ek net gou my gedagtes oor mnr Pretorius se roeping.

Saturday, June 19, 2021

Mnr Pretoius se Roeping

Hierdie gaan ek ook slegs kortliks aanspreek. Mnr Pretorius het voorheen herhaaldelik beweer dat God hom geroep het, en hom as 'n wag op die muur aangestel het. Asook dat die Gees van die Almagtige God hom die insig en leiding gegee het om sy boek oor Siener van Rensburg te skryf.

Het die Lewend God, Skepper van die Hemel en die Aarde, hom geroep en as wag aangestel? Ek weet nie, niemand behalwe God kan dit antwoord nie.

Hier is mnr Pretorius se eie woorde nou in Augustus 2022 hieroor:

Nibiru se koms in my lewe in 2004 het egter ‘n totale verandering gebring...”
Ek kan egter in alle eerlikheid nie sê van waar of wie my roeping oor Siener en later die openbaring oor Nibiru gekom het nie. Ek vermoed dat dit Nibiru was...”

Indien hy as belydende Christen grootgeword het, soos dit vir my klink hy het, dan was hy wel deel van die Liggaam van Jesus. God kon hom wel geroep en gebruik het in die 90'er jare. Sy eerste boek sover ek weet, het in 2004 verskyn. Sy roeping om oor Siener se profesieë 'n boek te skryf, en die nuwe vlak wat God wou hê ons moes raaksien, kon dus wel van God af gekom het.

Hyself glo dit egter nie (meer) nie. En dit laat mens noodwendig wonder.

Hy stel dit duidelik dat sy roeping van OF Nibiru OF iewers anders gekom het. Hy besef dus eintlik self daar is 2 opsies, en hy ken dit persoonlik toe aan “Nibiru”. Hy sê dus nie dat sy roeping van "God Almagtig op Nibiru" af kom nie, maar erken dit kom OF van iewers anders, OF Nibiru. En die "iewers anders" het hy voorheen geglo, was van God Almagtig af. 

Sonder dat hy besef, het hy dus daardeur erken in sy diepste wese weet hy dat hy nou 'n ander god aanbid, as wat hy eers aanbid het. En nou ken hy al sy insig en roepinge toe aan hierdie "nuwe god", genaamd Nibiru. Oftewel, seker die “aliens” op Nibiru, seker nie die planeet self nie. 

Soos ek genoem het, kry baie New Agers ook sulke roepings en opdragte en woorde en inligting vanaf die “astral plane” deur seances, “channeling” en ander okkult praktyke en beweer dan dat die “aliens” met hulle gepraat het.

Ons weet dus nie of ons mnr Pretorius se boek nog enigsins kan vertrou nie. As God dit vir hom gegee het, dan kan ons. Maar ons gaan eers weet of dit wel van God af kom, wanneer die dinge afskop.

Indien (soos hy glo) dit van “Nibiru” afkomstig is, wil ek absoluut niks, maar niks daarmee te doen hê nie. En hy is self nie eers seker of dit van Nibiru of iewers anders vandaan kom nie!!

Dis vir my opvallend vreemd hoe mnr Pretorius herhaaldelik aan ons die versekering gegee het dat hy as wag op die muur aangestel is oor my mense. Hy glo dus daardie stukkie van die Bybel. So ons moet hom glo dat hy as wag aangestel is, en hy bewys dit deur 'n versie uit die einste Bybel wat hyself grotendeels nie meer vertrou of glo nie en aan ons probeer bewys het hoe "vals" dit is. Dis voorwaar vreemd en teëstrydig.

Boonop, as hy dit glo dat hy as wag aangestel is, moet hy tog besef, wanneer God 'n openbaring gee aan 'n “wag op die muur” is dit oor die GEVAAR daaraan betrokke. 

Sover het mnr Pretorius nog net aan ons verkoop hoe wonderlik Nibiru en die Annunaki is en eintlik ons Redder vir ons gaan bring. Dat God self saam met hulle op hul planeet verby kom, en dat ons ons goud met liefde in ons harte aan hulle moet oorhandig. Dis ons doel op aarde, beweer hy! 

Waar is die gevaar wat die versies in Ezekiel 33 noem? Wanneer 'n wag die gevaar sien aankom, moet hy die mense waarsku (tog TEEN die gevaar!) anders word hulle bloed van sy hande geëis. Ek sien geen waarskuwings vanaf mnr Pretorius, behalwe oor hoe vol leuens en bedrog en valshede die Bybel is nie! (Behalwe natuurlik die versies wat sy roeping bevestig.)  So hy kry 'n aansteling as wag, dan 'n waarskuwing om deur te gee. En hy gaan en waarsku die mense teen God, teen die Bybel, teen Sy Woord en teen Sy Seun. Hoe verskriklik! 

God het aan baie mense wat hy as wagte aangestel het, dieselfde openbaring dat daar 'n "Nibiru" gaan kom, gegee. Maar hulle het nie Stitchen se boeke gegryp en Joodse fabels begin glo nie. Hulle het gebid vir meer insig en inligting, en God het dit duidelik gemaak dat hierdie Nibiru-Alien storie is die Groot Afvalligheid wat kom, waarmee die Duiwel mense gaan mislei en laat wegval van God se Waarheid, die Bybel, af. So ons word al 10 jaar en langer gewaarsku deur die werklike wagte op die muur. Nie teen God en Sy Woord en Seun nie! Maar dat ons moet pasop en nie val vir hierdie leuens nie, dat dit gevaar vir ons spel.

Twee dinge ter afsluiting. Ek persoonlik glo dat mnr Pretorius wel sy oorspronklike roeping en insig vir sy eerste boek van God af gekry het. Dat sy werk tot 2004 dalk betroubaar of korrek KAN wees. Selfs moontlik is. Ek glo hy is soos 'n Saul wat aangestel was deur God, selfs "anointed" was, en toe val hy weg. En God stel 'n ander aan, in die plek van Saul. Ek wil dus nie mense oortuig om die hele eerste boek net weg te gooi nie, want ek glo God het insig daardeur aan ons gegee. Maar ek glo ook Hy het geweet sy wag op die muur gaan teen Hom draai. En daarom het Hy sekere inligting nog weerhou. Maak dus u eie gevolgtrekking, bid oor die saak. Persoonlik verwerp ek nie als voor 2004 van mnr Pretorius tans nie. 

Maar, wel als na 2004, gebaseer op hierdie laaste punt:

Ons lees in 1 Johannes 4:

Die vals profete
1 Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.
2 Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. 
3 En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.

Die Bybel sê dus vir ons dat die wat nie glo dat Jesus die Verlosser is wat mens geword het nie, nie die Gees het wat van God afkomstig is nie. Dis een manier hoe ons aangewys word om te weet of die persoon wat na ons toe kom, wel van God gehoor het. Tans kom mnr Pretorius dus nie na ons toe met die Gees van God nie. Inteendeel, hy het die gees van die antichris volgens hierdie stukkie. Want hy sê Jesus is nie die Verlosser (Christus) nie, hy is nie die Seun van God, of die Woord wat mens geword het nie, en hy bely dit nie van Jesus nie. Ons kan dus geensins enige iets meer van mnr Pretorius glo as Christene nie, of hom volg nie. Enige iemand met die gees van die Antichris, gaan ons slegs mislei!

Mag die Lewendige God, Skepper van die Heelal, mnr Pretorius se oë oopmaak vir Sy Waarheid. En mag God ons mense beskerm teen die leuens en misleiding en Groot Afvalligheid wat kom.

Goed, dis genoeg gebabbel. My pad skei nou finaal hier van mnr Pretorius s'n.